Gayregte: 'Kwessie van tyd'
Gayregte: 'Kwessie van tyd'

Gayregte: 'Kwessie van tyd'

Aktiviste meen reuseverandering is op hande.
Denver Kisting
Denver Kisting – Menseregteaktiviste meen dit is net ’n kwessie van tyd voor gayregte in Namibië erken sal word.

In dié stadium is anale seks mét toestemming tussen twee of meer volwasse mans steeds ’n strafregtelike oortreding ingevolge die land se gemenereg.

Hiernaas mag mense van dieselfde geslag ook nog nie met mekaar trou nie.

Me. Lila Swanepoel, wat verlede jaar se eerste Pride-optog help reël het, sê oor Saterdag se vreedsame betoging: “Dit is ’n opwindende tyd om in Namibië te woon.”

Swanepoel glo dit is net ’n kwessie van tyd voor anale seks gedekriminaliseer sal word.

Volgens haar sal die deurslag wees hoeveel volgehoue druk op die regering uitgeoefen word.

Swanepoel sê sy is Saterdag diep getref deur ’n oomblik van stilte, wat op die trappe van die Onafhanklikheidsmuseum in Robert Mugabeweg waargeneem is.

Honderde LGBT-mense en ondersteuners het van die Bank Windhoek-teaterskool af tot by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) gestap in ’n poging om meer regte vir LGBT-mense te help verseker.

’n Standbeeld, wat allerweë aanvaar word as dié van die stigterpresident, mnr. Sam Nujoma, is aan die bokant van dié stel trappe.

“Daai oomblik van stilte op daai omstrede trappe was amazing.”

Me. Abigail Solomons, ’n bestuurder verbonde aan Positive Vibes (PV), ’n menseregteorganisasie, gee vir Swanepoel gelyk.

Sy reken ook Namibië is op die drumpel van dekriminalisering.

Swanepoel is van mening dít kan reeds volgende jaar gebeur. “Die tyd is ryp daarvoor.”

Vir me. Tatum Strauss, die organiseerder van Saterdag se geleentheid, staan die oomblik op die museum se trappe ook as hoogtepunt uit.

“Dit was baie belangrik. Die groot ding handel oor die afbreek van stereotipes. Om by ’n optog teenwoordig te wees, is opsigself aktivisme,” het sy gistermiddag by navraag gesê.

Die Namibiese regering het die afgelope jaar op die hoogste vlak gesê die regte van seksuele minderhede in die land is gewaarborg.

Pres. Hage Geingob het dié versekering in Augustus tydens ’n onderhoud met Republikein gegee.

Verlede maand het me. Doreen Sioka, die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, ook in die openbaar verklaar die regering is nie homofobies nie.

Sy het lede van gemeenskap versoek om die Grondwet in te span wanneer daar teen hulle gediskrimineer word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!