u2018Gaza nie ons tyd by VN werdu2019 u2013 VSA-ambassadeur
u2018Gaza nie ons tyd by VN werdu2019 u2013 VSA-ambassadeur

‘Gaza nie ons tyd by VN werd’ – VSA-ambassadeur

Die kloof kon duidelik gesien word toe agt lede van die Europese Unie ’n beroep by die Verenigde Nasies gedoen het dat Israel hom daarvan weerhou om uitermatige geweld te gebruik.
Die kloof tussen Washington en die res van die wêreld het Dinsdag groter geword namate die meeste van die Verenigde Nasies (VN) se lidlande hul kommer en woede uitgespreek het oor die geweld op die grens tussen Israel en Gaza.

Duisende Palestyne het Dinsdag byeengekom om die betogers te begrawe wat Maandag deur die Israelse magte doodgeskiet is tydens ’n betoging teen die omstrede skuif van die Amerikaanse ambassade van Tel Aviv na Jerusalem.

Israel is wêreldwyd hiervoor veroordeel.

Nikki Haley, Amerika se ambassadeur by die VN, het Israel sterk verdedig en die Palestynse groep Hamas vir die slagting geblameer.

Die kloof kon duidelik gesien word toe agt lede van die Europese Unie (EU) ’n beroep by die VN gedoen het dat Israel hom daarvan weerhou om uitermatige geweld te gebruik, dat Hamas moet verseker dat die betogings nie gewelddadig is nie en dat ’n politieke oplossing gevind moet word vir die spanning wat tot die dood van minstens 60 mense, onder wie agt kinders, gelei het.

“Hoewel ons erken dat Israel die reg het om sy grense te verdedig, verwag ons hy moet die basiese reg op vreedsame betoging en die beginsel van die redelike gebruik van mag om sy wettige veiligheidsbelange te beskerm, respekteer,” sê die agt EU-lidlande, wat ook lid van die VN se Veiligheidsraad is, in ’n verklaring.

Die Europeërs sê hulle reik dié onafhanklike verklaring uit weens die Veiligheidsraad se onvermoë om homself verenig uit te druk – ’n indirekte verwysing na die kloof met Amerika.

Haley het op ’n noodvergadering van die Veiligheidsraad haar eie rigting ingeslaan. Sy wou weet hoekom die Veiligheidsraad nie die Iranse geweld bespreek nie, het dit bevraagteken dat daar enige verbintenis is tussen die geweld op die Gaza-grens en die opening van die ambassade in Jerusalem en gesê dié kwessie is nie ’n vergadering van die Veiligheidsraad werd nie.

“Diegene wat voorgee dat die Gaza-geweld enigsins verband hou met die ligging van die Amerikaanse ambassade, maak ’n groot fout. Die geweld kom eerder van diegene wat die bestaan van die staat van Israel op enige plek verwerp.

“Daardie motief, die vernietiging van ’n lidland van die VN, is so onwettig dat dit nie ons tyd in die Veiligheidsraad werd is nie, behalwe die tyd wat dit neem om dit te veroordeel,” sê Haley. – Netwerk24/CNN

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!