Gazoo Racing reg vir die sand van Saoedi-Arabië
Die Dakartydren is die tweede grootste motorsportbyeenkoms ter wêreld en word net deur die Formule 1-kampioenskap oortref.
Die Toyota Gazoo Racing-span gaan vier bakkies in die komende Dakar-tydren loslaat wanneer die kompetisie vir die eerste keer in baie jare in Saoedi-Arabië aangebied word.
Die span gebruik die nuutste weergawe van die Dakar-Toyota Hilux-wenner wanneer die ren op Sondag 5 Januarie 2020 in die stad Djeddah wegspring. Nadat Toyota die 2019-weergawe van die ikoniese ren gewen het, is die span onder groot druk om vanuit die staanspoor in Sneltrajek 1 goed te presteer.
Die verdedigende kampioene Nasser Al Attiyah (Katar) en sy navigator, Mathieu Baumel (Frankryk), sal aan die voorpunt van die veldtog wees.
Behalwe die 2019-Marokkaanse tydren het dié twee nie net die 2019-Dakar gewen nie, maar ook elke wedren waaraan hulle daarna deelgeneem het.
Dit maak hulle die besliste gunstelinge om in Saoedi-Arabië te wen. Maar Al Attiyah en Baumel kan daarvan verseker wees dat hul Gazoo-spanmaats, Giniel de Villiers en sy navigator, Alex Haro, hulle hard gaan druk.
Die Suid-Afrikaner wat saam met Haro, ’n Spanjaard, gaan jaag, het ‘n oorwinning in die 2019-Marokkaanse tydren losgejaag. Hy het die voordeel dat hy gereeld die Suid-Afrikaansgeboude Toyota Hilux in die Suid-Afrikaanse tydrenkampioenskap (SACCS) toets. Die jaer van Stellenbosch is ná sy oorwinning in Marokko vir nog silwerware uitgehonger.
Die derde Toyota Hilux word deur Bernhard ten Brinke (Nederland) beman wat die dienste van sy voormalige navigator, Tom Colsoul (België), teruggekry het. Die twee was voorheen baie vinnig en Ten Brinke het hom twee jaar ná mekaar aan die voorpunt van die Dakar-tydren bevind. Ongelukkig is hy telkens met die eindpunt byna in sig wreed weens tegniese probleme gepootjie.
Die Spanjaarde Fernando Alonso en Marc Coma sal in beheer van die laaste Toyota Hilux wees. Die twee berei hulle reeds maande lank vir die Dakar voor. Alonso het dit wel duidelik gemaak dat hy nog baie het om te leer, maar sal daarop uit wees om bestendig te jaag en die Dakar te voltooi. ’n Algehele oorwinning is nie deel van Alonso se planne vir 2020 nie.
2020
Die 2020-weergawe van die Dakar bekroonde Toyota Hilux spog met talle klein verbeterings teenoor die 2019-weergawe.
Die nuwe Hilux behou dieselfde veringsgeometrie en enjinuitleg as die vorige weergawe. Die ontwikkelaars het vanjaar uitgebreide toetse op die Hilux gedoen en talle verfynings aan sleutelkomponente aangebring om die Hilux meer betroubaar te maak.
Glyn Hall, spanhoof van Toyota Gazoo Racing, het vertroue in die nuutste weergawe van die Toyota Hilux.
“Ons het goeie vordering gemaak tydens die proeflopies terwyl ons aan die Suid-Afrikaanse veldrenreeks deelgeneem het. Sedert ons die Hilux twee jaar gelede bekend gestel het, het die veranderinge stap-vir-stap plaasgevind. Dit was beslis nie ’n revolusionêre omwenteling nie, maar as die hele proses in ag geneem word, is ek vol vertroue dat ons in Januarie die beste Hilux nog in aksie gaan sien.
“Behalwe die plaaslike toetswerk het die Hilux ook aan ’n verskeidenheid strawwe internasionale kompetisies deelgeneem. Die bakkie het sy man in die Silk Way-, Katar- en die Marokkaanse tydren gestaan waar dit oorwinnings in al drie van die byeenkomste behaal het.
“Omrede die V8-enjins nie turboaangedrewe is nie, het hoogte bo seevlak wel tydens die vorige Dakars ’n sleutelrol gespeel. Die Dakar is sedert 2009 in Suid-Amerika aangebied en die grootste deel van die land is in die Andesgebergte geleë. Die Hilux gaan baie meer tuis in Saoedi-Arabië wees wat laer geleë is.
“Om die speelveld vir al die spanne met verskillende enjins gelyk te maak, word ’n lugbeperker gebruik om die vloei na die enjins te beheer wat natuurlik die krag verminder. Vir die 2020-Dakar het die organiseerders op 37 millimeter besluit en dit sal die kraglewering van die enjins bepaal.
"Ons het nog altyd ’n groter lugbeperker verkies, maar ten minste hoef ons nie in Januarie met die kompleksiteit van uiterste hoogtes rekening te hou nie,” het Hall verduidelik.
Die roete
Die ren begin in Jeddah, Saoedi-Arabië se tweedegrootste stad, wat by die Rooi See in die westelike deel van die land geleë is.
Sneltrajek 1 skop Sondag 5 Januarie af waarna die roete noordwaarts na Neom vir die eerste week se renne kronkel. Die tweede week swaai die roete na die binneland waar die spanne in die sogenaamde “leë kwart” van die land gaan jaag.
Die 2020-Dakar eindig Vrydag 17 Januarie in Riaad, die hoofstad van Saoedi-Arabië. Die tydren strek oor 12 sneltrajekte wat 'n verskeidenheid terreine soos berge, rivierbeddings en uiteraard baie sandduine insluit.
Die 2020-byeenkoms is die 42ste Dakar wat oor die jare deur 30 lande gehou is. Drie byeenkomste is in Europa, tien in Suid-Amerika en 21 in Afrika aangebied.
Leon Theron, senior visepresident van bemarking en verkope by Toyota Suid-Afrika, sê Toyota bly honger vir sukses.
“Dit kan nie betwyfel word nie dat die Hilux een van die taaiste bakkies wat nog gebou is. Die uiterste uitdagings wat die Dakartydren bied, dien as die perfekte platform vir ons om die ongeëwenaarde taaiheid en betroubaarheid te demonstreer.
“Die Hilux se betroubaarheid het hom nog altyd van sy mededingers onderskei. Vir ons is dit ’n begin. Om saam te staan, is gelyk aan vordering en om saam te werk lei tot sukses. Ons bly nederig, maar tog onmiskenbaar honger vir oorwinning,” het Theron gesê.
Alonso, wat ’n voormalige Formule1-kampioen is, jaag in sy heel eerste Dakar-ren. Wat ’n groot rol in die Spanjaard se sukses gaan speel, is die uiters ervare Coma wat as navigator langs hom in die Hilux gaan sit.
Dié twee het duisende kilometers in ‘n versnelde opleidingsprogram afgelê om vir die 2020-Dakar voor te berei. Alhoewel hulle nie in Januarie daarop uit sal wees om wen nie, het Alonso gewys dat hy oor genoeg vernuf en spoed beskik om by van die meer gesoute jaers in die tydren te bly.
- www.motorpress.co.za

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie