GBV in informele nedersettings bekamp
'n Opname wys een uit drie vroue weet nie waar om om hulp aan te klop nie.
Tanja Bause – Volgens 'n opname wat in drie verskillende informele nedersettings op Okahandja, Groot Aub en in Windhoek gedoen is, het een uit ses mans gesê geslagsgebaseerde geweld (GBV) is vrouens se skuld. Die vrou soek glo skoor en dan word die man kwaad en tree op.
Die opname is verlede jaar tussen September en Oktober gedoen vir 'n nuwe projek om GBV in informele nedersettings te bekamp en om vroue en kinders te bemagtig om toegang tot dienste te verkry.
Hope Initiative Southern Africa – Namibia (HISA–Namibia) het saam met hul vennoot, FXB International, 'n GBV-projek van stapel gestuur om geweld hok te slaan en om vroue en kinders in informele nedersettings in Khomas, Otjozondjupa en Hardap te bemagtig. Die projek beoog ook om mans en seuns in te lig en aan te moedig om kampvegters vir menseregte en verandering te word.
Volgens me. Patricia Sola, die direkteur van HISA, het die projek verlede jaar in Julie in die informele nedersettings Kilimanjaro (Windhoek), Vyfrandkamp by Okahandja en op Groot Aub begin.
“Ons het onderhoude met bykans 400 mense in dié drie informele nedersettings gehou om eers data in te samel. Een uit vier mense, – vroue en kinders – het GBV in hul huis of by hul bure gesien. Twee uit drie vroue wat slagoffers van GBV is, het gesê hulle sal dit nie aanmeld nie, omdat hulle bang is hul verloor hul ekonomiese ondersteuning.
“Die vroue is dikwels werkloos en afhanklik van die man, sou hy in hegtenis geneem word of hulle uitsmyt. Een uit drie vroue het gesê hulle weet nie watter ondersteuningsdienste beskikbaar is nie. Hulle is nie bewus van veilige hawens nie en het niemand in die informele nedersettings wat hulle daaroor kan inlig nie.”
Sy het bygevoeg beide mans en vroue het toegegee dat die man die oortreder in een uit elke twee GBV-gevalle is.
Volgens Sola is een van die belangrikste doelwitte van die projek die vestiging van 'veilige hoeke' wat in sentrums geleë is en ook ander projekte soos 'n kindergarten, sopkombuise, naaldwerkklasse en tuine vir GBV-slagoffers.
“By die veilige hoeke sal die slagoffer gehelp word en verdere instruksies ontvang. Sy sal na die hospitaal verwys word as dit nodig is om 'n verkragtingstoets te doen. Sy sal ook taxigeld ontvang.
“As sy uit haar onveilige omstandighede verwyder moet word, dan doen ons dit, want ons werk nou saam met veilige hawens. Hierdie veilige hoeke is in sentrums geleë en mense van die gemeenskap sal nie weet hoekom die vrou daar is nie. Sy sal deur 'n opgeleide persoon ontvang en gehelp word,” het Sola gesê.
Die veilige hoeke sal in informele nedersettings geleë wees sodat die vroue nie taxigeld nodig het nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie