Gebaretaal in die kollig
Tanja Bause - Die Windhoek Rotaract-klub bied ’n glansgeleentheid met musikante en dansers aan om geld vir die druk van 'n gebaretaalwoordeboek in te samel.
Die klub wil voorts ook bewustheid vir mense met gehoorgestremdhede skep.
Die Namibiese Nasionale Vereniging vir Dowes (NNAD) het in 2002 met die ontwikkeling van 'n Namibiese woordeboek vir gebaretaal begin. Gebare vir mense met gehoorgestremdhede is dwarsoor die land ingesamel en 1 146 tekens is tans op rekord.
Die Finse Vereniging vir Dowes (FAD) borg die samestelling van die woordeboek, sowel as die opleiding van NNAD-werknemers.
Die universiteit van Dar es Salaam het tegniese ondersteuning, in samewerking met die Tanzaniese Vereniging vir Dowes (CHAVITA), verleen.
Lede van die Vereniging vir Kinders met Taal-, Spraak- en Gehoorgestremdheid in Namibië (CLaSH), die Universiteit van Namibië (Unam) en die ministerie van kuns en kultuur, was ook op die samestellerskomitee.
Die Windhoek Rotaract-klub beplan om 2 000 woordeboeke te druk en aan NNAD te skenk, wat dit op hul beurt aan skole en tersiêre instellings sal uitdeel.
Rotaract-klubs bring mense wêreldwyd tussen die ouderdomme van 18 en 30 jaar byeen en rus hulle toe met kennis en vaardighede wat hul persoonlike ontwikkeling ondersteun. Voorts fokus die klubs op die aanpak van maatskaplike behoeftes in gemeenskappe.
Windhoek Rotaract-klub is in April 2016 in die lewe geroep en het reeds die Outisme-vereniging van Namibië met 'n geldinsameling gehelp. Hulle was voorts by die Namibia Runs for Charity betrokke en het ook die Namibiese Tafelronde se Winter Knights-projek ondersteun. Lede besoek ook maandeliks die Megameno-kinderhuis.
“Die besoek sluit sport- en kunsaktiwiteite vir die kinders in, terwyl die Fusion Funk Dance Studio danslesse aanbied. Tydens ons maandelikse besoeke skenk ons ook klere, kos, melk en toiletware,” het me. Daniella Grunewald van Windhoek Rotaract-klub gesê.
Die geldinsameling vir die woordeboek vind op 22 Julie by Jojos plaas en sluit vertonings van Fusion Funk Dance Studio, Moon Goddess Dance Studio en Evolve & Fire Entertainment in.
Kaartjies kos N$270 en kan by Thiels Shoe Shop, Billy Bites Biltong Shop, Sardinia Restaurant en Flowered Earth in die Grove-inkopiesentrum gekoop word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie