Gebore en getoë in Namibië

Jacqueline Louw
Die Windhoekse rockgroep Rushour het onlangs hul debuutalbum, This is Africa, vrygestel.
Die Namibiese groep het tien liedjies oor die mense, lewe en natuur van Namibië geskryf. Hul musiek is uniek wat betref die Namibiese rocktoneel, iets tussen “rock & roll” en dans-rock, en is beïnvloed deur die musiektendense van die afgelope ses dekades.
Die liedjies is hoofsaaklik deur tromspeler Johannes Löytty en hoofkitaarspeler Deny Jones geskryf. Etienne Hofmyer en Klaus Rennack, hoofsangers en onderskeidelik baskitaar- en ritmekitaarspeler, het hulle bydraes tot die liedjies gemaak deur sekere sosiale gebeure sedert onafhanklikheid te pen. Die album is opgeneem en geredigeer deur Groove Studios in Windhoek. Liedjies soos “Sand&Stones”, “Taxi Driver” en “Look at the Sky” staan uit as ware weerspieëlings van die lewe in Namibië.
Die groep sien uit daarna om hierdie album op die plaaslike, nasionale en internasionale mark as eg Namibies vry te stel en hoop dit sal ook mense buite Namibië interesseer. Dit is beskikbaar by Namibia Book Market, Macadamstraat, Windhoek, en ook by ander uitgesoekte plaaslike handelaars. Die album kan ook aanlyn van bekende digitale handelaars afgelaai word. Die groep sal die album op 5 Maart tydens ? optrede by die Warehouse Teater bekendstel. Ander bekende plaaslike kunstenaars soos Penilane, Roadhouse Blues en Gasoline sal ook tydens dié geleentheid optree.
Rushour tree dikwels by The Boiler Room en La Brocante op en die groep is veral gewild onder mense wat agtergrondmusiek by hul ete wil geniet en ook op die dansvloer wil uitkom. Rushour tree ook by private partytjies op en is altyd gretig om met nuwe materiaal te vermaak. Sedert die vertrek van Deny Jones na Europa tree die groep saam met hul nuwe hoofkitaarspeler, Andreas Hofmeyr, op. Hulle is nou gereed om plaaslike gehore met liedjies van die debuutalbum sowel as die musiek van ander kunstenaars te vermaak.
Vir meer inligting kontak Klaus Rennack by +264 85 563 8368 of [email protected] en op www.facebook.com.rushournam.

Kommentaar

Republikein 2024-10-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Liverpool 2 vs 1 Chelsea | Wolves 1 vs 2 Manchester City | Bournemouth 2 vs 0 Arsenal | Ipswich Town 0 vs 2 Everton | Southampton 2 vs 3 Leicester City | Newcastle 0 vs 1 Brighton | Manchester United 2 vs 1 Brentford | Fulham 1 vs 3 Aston Villa | Tottenham Hotspur 4 vs 1 West Ham LaLiga: Villarreal 1 vs 1 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Leganés | Mallorca 1 vs 0 Rayo Vallecano | Celta Vigo 1 vs 2 Real Madrid | Girona 0 vs 1 Real Sociedad | Osasuna 1 vs 2 Real Betis | Athletic Club 4 vs 1 Espanyol | Deportivo Alaves 2 vs 3 Real Valladolid SerieA: Cagliari 3 vs 2 Torino | Lecce 0 vs 6 Fiorentina | Venezia 0 vs 2 Atalanta | Empoli 0 vs 1 Napoli | Juventus 1 vs 0 SS Lazio | AC Milan 1 vs 0 Udinese | Genoa 2 vs 2 Bologna | Como 1 vs 1 Parma European Championships Qualifying: Hull City 0 vs 1 Sunderland | Stoke City 1 vs 1 Norwich City | Sheffield Wednesday 0 vs 2 Burnley | Queens Park Rangers 1 vs 2 Portsmouth | Millwall FC 1 vs 1 Derby County | Middlesbrough 0 vs 2 Bristol City | Blackburn Rovers 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 1 vs 0 Coventry City | Oxford United 1 vs 1 West Bromwich Albion | Luton Town 3 vs 0 Watford | Cardiff City 5 vs 0 Plymouth Argyle | Leeds United 2 vs 0 Sheffield United English Championship: Hull City 0 vs 1 Sunderland | Stoke City 1 vs 1 Norwich City | Sheffield Wednesday 0 vs 2 Burnley | Queens Park Rangers 1 vs 2 Portsmouth | Millwall FC 1 vs 1 Derby County | Middlesbrough 0 vs 2 Bristol City | Blackburn Rovers 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 1 vs 0 Coventry City | Oxford United 1 vs 1 West Bromwich Albion | Luton Town 3 vs 0 Watford | Cardiff City 5 vs 0 Plymouth Argyle | Leeds United 2 vs 0 Sheffield United #N/A Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.11 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.6 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.08 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.06 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.58 | USD to KES 129.1 | USD to NGN 1651.73 | USD to ZAR 17.58 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1885.58 Up +0.89% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14080.57 Down -0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30143.86 Down -1.31% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9834.64 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 721.90/OZ UP +1.04% | Copper US$ 4.37/lb UP +1.26% | Zinc US$ 3 104.30/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 73.44/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 1 014.04/OZ UP +1.97% #N/A