Gebrekkige waterbesparings tu00e1p damme
Gebrekkige waterbesparings tu00e1p damme

Gebrekkige waterbesparings táp damme

‘n Kenner meen die installasie van vloeireguleerders in huiskrane kan waterverbruik met tot 50% verminder.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die droogloopdatum vir damme wat Windhoek van water voorsien, het nou met tussen twee en drie weke vervroeg.

Dít omdat Windhoekers sedert die begin van die jaar nog nie daarin kon slaag om teikens vir waterbesparing te haal nie.

Die afgelope week (3 tot 10 Junie) is wéér 5% meer water gebruik as wat in die munisipale waterbestuurplan vir ‘n kategorie-D-situasie voorgeskryf word.

Mnr. Dieter Tolke, ’n ingenieur-tegnikus vir water in die munisipaliteit se afdeling vir infrastruktuur, water en tegniese dienste, sê die inligting is vandeesweek tydens ‘n vergadering met NamWater, Namibië se nasionale waterverspreider, bekend gemaak.

Hy sê Windhoek ervaar verskeie uitdagings in die besparing van die vereiste 15% water.

Onder meer steur Windhoekers hulle nie aan besparing nie en daar bestaan ‘n gebrek aan politieke steun en steun uit die openbare sektor.

Meer as die helfte van al die water wat aan Windhoek voorsien word, word in huishoudings gebruik, wat beteken besparings hier kan ‘n groot impak hê.

HUISHOUDINGS KAN VERSKIL MAAK

Tolke sê deur die installering van waterbesparende toerusting soos vloeireguleerders in krane kan mense hul koste binne drie maande verhaal, en boonop kan dit waterverbuik met tot 50% verminder.

Hy sê volgens munisipale bouregulasies moet stortkoppe en krane (vir sanitêre doeleindes) nie meer as 10 liter per minuut deurlaat nie, terwyl toiletbakke nie meer as 6 liter per spoel moet gebruik nie.

Hy sê tans bied die plaaslike mark opsies wat selfs meer doeltreffend is as dit wat in die regulasies voorgeskryf word.

So kan jy stortkoppe koop wat so min as 8 liter per minuut deurlaat, kombuiskrane wat 6 liter deurlaat en badkamerkrane wat 4 liter deurlaat.

“Vir openbare toilette is daar badkamerkrane wat net watersproei deurlaat – net sowat 1,5 liter per minuut. Openbare toilette is ook beskikbaar wat maksimum 4 liter op ‘n slag spoel,” het Tolke gesê.

Hy sê rekordhouding van huishoudelike waterverbruik is noodsaaklik, veral omdat die munisipaliteit van 1 Julie af geen afslag vir waterlekkasies sal gee nie.

“Waterbestuur is tans ‘n vereiste. Dit beteken jy behoort daagliks of weekliks jou watermeter te lees en uit te werk of dit binne aanvaarbare vlakke val.”

TALLE UITDAGINGS

Tolke sê talle uitdagings word met die huidige waterbesparingsveldtog ervaar.

Dit sluit in ‘n gebrek aan steun van regeringsamptenare en politici. Hy sê dit veroorsaak dat talle munisipale amptenare nie meer gewillig is om byvoorbeeld onwettige karwasserye se water af te sny nie en dat die stadspolisie nie bemagtig voel om te help nie.

“Die munisipaliteit beskik reeds oor ‘n ondersteuningsprogram vir die grootste watergebruikers, maar tegnici wil dit nie in werking stel sonder die goedkeuring van beide die munisipale bestuurstrukture, die stadsraad asook politici nie.

“Ons het in die verlede gesien daar is inmenging indien die goedkeuring nie gegee is nie,” het Tolke gesê.

Die ondersteuningsprogram berus op die reeds bestaande waterbeampteprogram.

Dit behels dat hoë waterverbruikers gehelp sal word deurdat ‘n waterkwota eerste vir hulle geïmplementeer sal word.

Daarna sal ‘n elektroniese waterbestuurstelsel aangebring word, waarvoor die verbruiker sal betaal en wat geprogrammeer sal word om watertoevoer net sekere tye van die dag te voorsien.

Dít totdat die nodige elemente in werking gestel kan word om seker te maak waterkwotas word behaal.

“Terselfdertyd is bouregulasies om te verseker daar word slegs met die waterdoeltreffendste toerusting gebou tot dusver nie na behore afgedwing nie. Dié is al in 1996 gepubliseer.

“Daar bestaan ook ‘n gebrek aan steun vanuit die openbare sektor, met verskeie regeringsintansies en –geboue wat die grootste waterverbruikers bly. Dit sluit in skole soos HTS en Augustinium, maar ook die Government Office Park.

“Sekere ministeries sluit nie hierby aan nie en probleme met ondoeltreffende waterverbruik by dié instansies duur onverpoos voort,” het Tolke gesê.

Hy sê hierdie kwessies moet gepak word en bykomende waterbesparings is tans nodig om die 15%-teiken te haal.

“Ons het reeds alle ander weë gevolg waar ons makliker steun kon kry, soos samewerking met die private sektor om water so doeltreffend moontlik te gebruik.”

Tolke sê die regering se tenderproses veroorsaak ook hoofbrekens, omdat die munisipaliteit vir langer as ‘n jaar al sonder permanent aangestelde buitekontrakteurs moet klaarkom, wat gehelp het met onderhouds- en herstelwerk op water- en rioolinfrastruktuur.

“Ons ervaar dus ‘n agterstand. Dit veroorsaak dat munisipale werkers baie meer werk het en nie vinnig by alles kan uitkom nie. Dit veroorsaak verdere waterverliese.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!