Gebruik nasionale parke om kos te produseer - Mbambo
Kavango-Oos en -Wes ideaal vir landbou geskik
Fumu Erwin Munika Mbambo van die Hambukushu tradisionele owerheid sê die grond wat as nasionale parke geproklameer is, is te groot en behoort beter benut te wees omdat dit vir die kweek van voedselsoorte en as besproeiingskemas ideaal geskik is.
Fumu (die tradisionele titel wat “u majesteit” beteken) Mbambo het dié stelling gemaak tydens ’n streekvergadering oor die herverspreiding van rykdom en vermindering van armoede wat verlede week deur die ministerie van armoedeverligting en maatskaplike welsyn op Rundu gehou is.
“Ons regering gee kos (droogtehulp) aan ons mense, wat ’n goeie inisiatief is, maar die kos raak op. Ons het nie in ons streek ’n probleem met water nie omdat ons die Kavangorivier het. Maar ons moet ons eie kos produseer,” het hy gesê.
Mbambo het gesê hy weet die park dien as ’n toeriste-aanloklikheid en genereer op dié wyse geld vir die land. “En tog kla ons oor armoede. As ons soveel geld uit dié sektore kry, hoekom kan ons ons eie mense nie voed nie,” wou hy weet.
Hy meen die Kavango-Oos en -Wesstreek is perfek geleë vir landbou om kos in ’n groot maat te produseer. “Maar die nasionale parke maak dit moeilik,” het hy gesê.
Hy het voorgestel dat tradisionele leiers meer magte kry wat dit vir hulle moontlik sal maak om die regering te adviseer. Op die oomblik het hulle nie sulke magte nie.
“Wanneer jy vandag na die situasie kyk en dit met die verlede vergelyk, word dinge heeltemal anders gedoen. Tradisionele owerhede het in die verlede die mag gehad om te heers en te regeer. Vandag is dit nie so nie,” het hy gekla.
Hy meen meer magte sal hulle toelaat om plekke te identifiseer waar voedsel gekweek kan word en waarby die gemeenskap kan baat.
Die Mahango en Bwabawata nasionale parke is twee parke wat in die Kavango-Oosstreek geleë is.
Eersgenoemde is 250 km² groot en is die kleinste van Namibië se talle nasionale parke. Dit is in die oostelike gebied van die Caprivistrook in die omgewing van die Popavalle geleë en grens aan Botswana.
Die Bwabwata nasionale park is ongeveer 6 274 km² groot en bestaan uit die voormalige Caprivi wildpark en die Mahango wildreservaat. Die gebied bevat ’n belangrike migrasieroete vir olifante en ander wildspesies wat van Botswana na Angola beweeg. Sowat 5 500 mense woon in die park. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie