Gebruikers hof toe oor SMS'e, oproepe
Drie gebruikers van Facebook Messenger het Dinsdag 'n klag teen die maatskappy aanhangig gemaak waarin hulle aanvoer die sosiale netwerk het hul privaatheid geskend deur boek te hou van hul oproepe en SMS'e.
Die Amerikaanse regsgeding, wat in die federale hof in Kalifornië ingedien is, probeer die status verhef tot dié van 'n klasaksie namens alle gebruikers wat deur die privaatheidskending geraak is. Dit is nie bekend hoeveel die groep in skadevergoeding eis nie.
'n Verteenwoordiger van Facebook kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
Die maatskappy, wat in die laaste week gebuk gaan onder 'n skandaal oor die manier waarop hy met gebruikers se data omgaan, het Sondag erken dat dit ook besonderhede van gebruikers se oproepe en boodskappe aanteken, maar glo net as die gebruikers toestemming daartoe verleen het.
Dit is ook net Android-gebruikers wat deur dié dataversameling geraak word.
Die maatskappy het beklemtoon hy versamel nie die inhoud van die oproepe of boodskappe nie, en verkoop ook nie die data aan derdepartye nie.
Android word deur Google besit; die maatskappy word nie as 'n verweerder in die hofsaak aangedui nie.– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie