Gedenkdiens vier vlieenier se lewe

SOWAT 100 mense het Maandagaand in 'n vliegtuigloods van Atlantic Aviation op Swakopmund 'n roerende roudiens vir die vlieenier van die Olympia-vliegtuigramp, mm. Daniel Marais (24), bygewoon.

Dit is voorafgegaan deur 'n verb yvlu g van vier vliegtuie. Die vliegtuie het kort voor sononder in 'n diamantformasie oor die Swakopmund lughawe gevlieg waarna een van die vliegtuie weggebreek het as 'n simboliese versinnebeelding van Daniel se tragiese dood.

Mnr. Gerhard Byleveld, 'n sakeman van Swakopmund, het die reelings getref. Hy het deur sy dogter Linda en haar kerel, mnr. Johann Waldeck, met wyle mnr. Marais se ouers bevriend geraak.
Mnr. Waldeck, wat 'n woonstel met mnr. Marais gedeel het, is 'n vlieginstrukteur by Atlantic Aviation. Hy en sy kollegas Adolf Bosman, WP Smith en Rian Dreyer het die verbyvlug gedoen.

"Die vliegtuie het saam ingekom vir die landing en toe saam hul enjins afgeskakel. Dit was 'n ongelooflike ervaring toe die enjins eenklaps stil raak. 'n Mens kon God se teenwoordigheid voel." Mnr. Byleveld se benewens die diens wat gelei is deur sy broer, pastoor Thinus Byleveld, is 'n skyfievertoning wat Daniel se lewe in beeld en klank vergestalt het, ook gehou ter viering van sy lewe.

Verskeie roerende huldeblyke is ook gelewer, waaronder deur sy ouers, mnr. Johan en me. Doris Marais, asook deur sy twee jonger sussies, Isabel en Karien. Me. Linda Byleveld het 'n lied gesing wat sy spesiaal vir Daniel gekomponeer het.
Mnr. Byleveld se Namibie en die Swakopmund-gemeenskap het hul harte oopgemaak vir die Maraisgesin in hul uur van smart. "'n Duitse familie van Duitsland het hul vakansiewoonstel op Swakopmund vir hulle beskikbaar gestel, terwyl ander mense voertuie gegee het waarmee hulle aan die kus kan rondry.

Sefofane Air Charters se me. Birgit Vi1joen het aangebied om hulle kosteloos na enige plek in Namibie te vlieg." 'n Simpatiebetuiging deur die Minister van Werke, Vervoer en Kommunikasie, mnr. Joel Kaapanda, is ook tydens die geleentheid voorgelees.

Hy sal die familie more namens die Regering ontmoet wanneer hulle vir 'n private verassingsgeleentheid na Windhoek gaan, se mnr. Byleveld.
Die Marais-familie het Namibie s6 bedank: "Met hierdie reis na Namibie het ons so 'n diepe ondervinding gehad van God se liefde, genade en voorsiening. Hy het sovee1 mense op ons pad geplaas wat met onbaatsugtige liefde geen moeite ontsien het om dit vir ons makliker te maak om hier van Daniel te kon afskeid neem nie.

Dit was ook so goed om weer hier in Swakopmund bevestiging te kon kry van die wonderlike vriendekring waaraan Daniel kon anker. Ons is so innig dankbaar aan een en elkeen wat bygedra het om ons by te staan. Julle is engele van God.

Ons kan met baie vrede en berusting in ons harte teruggaan na Kempton Park. Hoewel Daniel se boom afgekap is, mag dit saad saai wat sal ontkiem en groei en bloei tot nuwe bome in God se koninkryk."

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!