Gedenkdiens vir Costa gehou
Gedenkdiens vir Costa gehou

Gedenkdiens vir Costa gehou

Andrew Poolman
’n Stewige groep van bykans 100 fietsryers het Sondagoggend ’n gedenkrit ter nagedagtenis aan die Namibiese kampioenryer Raul Costa Seibeb onderneem, wat laas week tragies op 25-jarige leeftyd in ’n motorongeluk gesterf het. Die gedenkrit het in Olympia by die Onafhanklikheidstadion begin en het die westelike verbypad gevolg om by die Seibeb-familie se huis in Sigarstraat te eindig. Verteenwoordigers van die Namibiese Sportkommissie, die Namibiese Fietsryfederasie, Nedbank (in wie se kleure Seibeb gery het), die fietsryklub PAYE waar hy sy loopbaan begin het asook die Soweto-kiesafdeling se raadslid Ambrosius Kandjii het saam met die fietsrygemeenskap hul medelye aan die naasbetaandes oorgedra. Gister het die Namibiese Olimpiese Komitee in samewerking met Nedbank aangekondig dat ’n roudiens môre (Donderdag) om 14:30 vir 15:00 by die Christuskirche gehou sal word. Die begrafnis word komende Saterdag verwag, hoewel besonderhede gister nog nie bevestig is nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!