Gedenkdiens vir regter Nic Hannah volgende week
'n Gedenkdiens vir wyle regter Nicholas Robin (Nic) Hannah vind Dinsdag om 15:00 in die kapel by die Gammans-begraafplaas plaas.
Hy het op 14 Desember ná 'n kort siekbed in 'n Windhoekse hospitaal gesterf. Dit was enkele dae voor sy 77ste verjaardag.
Hannah is in 1991 as regter in die hoërhof aangestel en het 15 jaar op die regbank gedien voor hy in 2006 afgetree het en hom saam met sy vrou, adv. Anne-Marie Engelbrecht, op Hentiesbaai gaan vestig het.
Engelbrecht is twee maande voor Hannah in die ouderdom van 60 jaar op Swakopmund oorlede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie