Gedenkdiens vir tannie Stienie gehou
‘n Gedenkdiens vir wyle me. Stienie Mudge is Vrydag in die NG kerk Eros in Windhoek gehou.
In die stampvol kerk is hulde aan die eggenote van die DTA-stigter en Namibiese veteraanpolitikus, mnr. Dirk Mudge, gebring.
Op haar begrafnisbrief het die familie haar as “’n engel, ‘n veilige plek, ‘n bron van liefde en sorg vir ons” beskryf.
“Ons mooiste, wat alles mooi gemaak het. Sy bly vir ewig by ons in elke blom, elke brander, elke kers wat brand en viool wat speel. ‘n Lig in ons harte en kompas vir ons lewe.”
Ds. Johan Serfontein het die verwelkoming gedoen en ds. Geo de Kock, ‘n susterskind van me. Mudge, het die diens gehou met ‘n voorlesing uit Spreuke 31 waarin ‘n deugsame vrou beskryf word.
Zanne Stabelberg de Lange het ‘n treffende weergawe van “Ave Maria” gesing en Lulian Melck was vir die orrelspel verantwoordelik.
Die presidentsvrou, me. Monica Geingos, was onder diegene wat die diens bygewoon het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie