Gedenkdiens vir wyle Ya Toivo begin binnekort op Ondangwa
Die gedenkdiens ter ere van die vryheidsikoon en nasionale held Andimba Toivo ya Toivo, begin oor sowat 'n uur (Vrydag 12:00) by die Trade Fair Centre op Ondangwa.
Hy is verlede Vrydag in die ouderdom van 92 jaar in Windhoek dood.
Nagenoeg 400 mense het Donderdagmiddag by die Ondangwa Lughawe op die aankoms van die liggaam gewag wat met 'n militêre vliegtuig daarheen geneem is. Sy vrou, Vicky, en die egpaar se dogters was deel van die prosessie wat stadig saam met die kis van die vliegtuig af deur die skare beweeg het.
Die diens vandag sal gelei word deur eerw. Shihala Hamupembe, met nagenoeg 25 hoogwaardigheidsbekleërs, vriende en destydse mede-gevangenes op Robbeneiland wat huldeblyke sal lewer.
Die regering het van 21 - 24 Junie, wanneer wyle Ya Toivo by die Heldeakker ter ruste gelê sal word, as 'n tydperk van rou in die land afgekondig. Vlae sal dan halfmas hang.
Foto: Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie