Gedigte
DEUR MOGAMAT SALIE SABAN
Genadespoor
My legkaart lewe.
Winter grou ek lewe.
Oë na Bo ek glo.
My lewe so so.
Verwyt en genade.
Knieg gebuig danke gade.
Baba kruipend rug geboë.
Slaan toe my oë.
Aanslag en teenspoed.
Staan sterk met moed.
Amen ja amen.
God is goed.
Skedelkus
Nood ja nood.
Verbleik inni son.
Dors na die dood.
Verbrand en verdoem.
Grafte en bene verstrooi.
Skeepswrak ontsier.
Geroes ’n foto mooi.
Eens trots op papier.
Pelikaanpunt lighuis
Aan die westerkim hou jy wag.
Bewaker van die ingang beskerm jy.
Flitsend waarsku elke nag.
Jakkals en robbe skuil by jou sy.
Jou getroue bewaker van die baai.
Vissers lei jy veilig tot teen die kaai.
Kwaai en rowwe see spoel.
Suidwes kwaai in jou gewoel.
Noordwes se geblaas in die oor.
Jou hees stem wat my bekoor.
Mishoring wat met jou praat.
Rukwinde maak jou nie kwaad.
Pelikaanpunt lighuis knipoog.
Suidwes kwaai staan jy hoog.
Flamink en pelikaan dril in die gety.
Walvis het by jou kom bly.
Genadespoor
My legkaart lewe.
Winter grou ek lewe.
Oë na Bo ek glo.
My lewe so so.
Verwyt en genade.
Knieg gebuig danke gade.
Baba kruipend rug geboë.
Slaan toe my oë.
Aanslag en teenspoed.
Staan sterk met moed.
Amen ja amen.
God is goed.
Skedelkus
Nood ja nood.
Verbleik inni son.
Dors na die dood.
Verbrand en verdoem.
Grafte en bene verstrooi.
Skeepswrak ontsier.
Geroes ’n foto mooi.
Eens trots op papier.
Pelikaanpunt lighuis
Aan die westerkim hou jy wag.
Bewaker van die ingang beskerm jy.
Flitsend waarsku elke nag.
Jakkals en robbe skuil by jou sy.
Jou getroue bewaker van die baai.
Vissers lei jy veilig tot teen die kaai.
Kwaai en rowwe see spoel.
Suidwes kwaai in jou gewoel.
Noordwes se geblaas in die oor.
Jou hees stem wat my bekoor.
Mishoring wat met jou praat.
Rukwinde maak jou nie kwaad.
Pelikaanpunt lighuis knipoog.
Suidwes kwaai staan jy hoog.
Flamink en pelikaan dril in die gety.
Walvis het by jou kom bly.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie