Geduld
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
'n Goeie wagwoord, geduld.
Tyd vermors is niemand se skuld.
Geduldig, gedienstig en gedweë.
Vir wie sal ek skuld gee?
Geduld is geld se tyd.
Geen tydverdryf vir jolyt.
Geduld is nie virri baas.
Baie tyd is net vir klaas.
Job se geduld het baie tyd.
Werkstyd is nie vir jolyt.
Van smôrens vroeg tot sawens laat.
Job se geduld het baie kwaad.
Met geduld koop jy die tyd.
Geduld gaan jou hakskeen byt.
Geen tyd vir ginnegaap.
Tydmors om te verslaap.
Fluit. Fluit.
My geduld . . . is uit.
'n Goeie wagwoord, geduld.
Tyd vermors is niemand se skuld.
Geduldig, gedienstig en gedweë.
Vir wie sal ek skuld gee?
Geduld is geld se tyd.
Geen tydverdryf vir jolyt.
Geduld is nie virri baas.
Baie tyd is net vir klaas.
Job se geduld het baie tyd.
Werkstyd is nie vir jolyt.
Van smôrens vroeg tot sawens laat.
Job se geduld het baie kwaad.
Met geduld koop jy die tyd.
Geduld gaan jou hakskeen byt.
Geen tyd vir ginnegaap.
Tydmors om te verslaap.
Fluit. Fluit.
My geduld . . . is uit.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie