Gee elke siening 'n gelyke kans
Gee elke siening 'n gelyke kans

Gee elke siening 'n gelyke kans

Mandy Rittmann
ANDRÉ SMITH SKRYF:

Onder ons as belydende Christene wat die leer van ons Here Jesus Christus onderskryf en verdedig, sonder om van klein verskille strydpunte te maak, is daar twee belangrike uitgangspunte hoe ons die Bybel verklaar wat 'n groot rol speel in ons geloofslewe. Om hierdie twee standpunte so eenvoudig as moontlik te verduidelik, verwys ons na die letterlike verklaring en die geestelike verklaring.

Uit die letterlike verklaring leer ons dat Israel teruggebring is uit die nasies na hulle land van belofte na plus/minus twee duisend jaar in 1948. Hierdie profesieë is letterlik vervul soos die Bybel voorspel het.

Die gebeure wat hierop volg, word geleer is 'n groot verdrukking wat voorlê met 'n antichris as wêreldleier, 'n valse profeet as 'n godsdienstige leier, beeldaanbidding en 'n ingeplante nommer vir elke mens waarmee gekoop en verkoop word.

Jesus kom terug met Sy volgelinge, vernietig hierdie duiwelse regering en rig sy duisendjaar Koningskap op, waarna die Nuwe Stad Jerusalem sal neerdaal.

Die tweede groep verklaar die Bybel deur nie alles letterlik te verklaar nie, maar dit uit 'n ander hoek te lees en dit te vergeestelik. Die volk Israel en sy beloofde land speel nie meer 'n rol nie en die Christene word nou gesien as die geestelike Israel.

Ons leef nou, volgens hulle, in die duisendjarige vrederyk, na Jesus se opstanding en die tweeduisend jaar word nou verklaar as 'n simboliese duisend jaar. Die duiwel is oorwin, die antichris wat kom en die nommer word vergeestelik en daar sal net 'n wederkoms wees.

Die letterlike verklarings word in die algemeen deur die Charismatiese groepe en deur baie lidmate in die gereformeerde familie beaam. Die meerderheid van die gereformeerde familie hou by die geestelike of simboliese verklaring.

Die probleem wat nou in hierdie tyd ontstaan, is dat beide groepe onder dieselfde juk werk, om fondse in te samel om die evangelie op die lug uit te saai. Die bestuur wat verantwoordelik is om hierdie funksies regverdig uit te voer, sonder die een siening bo die ander een uit, is eensydig en laat toe dat die letterlike siening afgeskiet word en in 'n swak lig gestel word.

Regmatige verdeling van lugtyd vind nie plaas nie, maar die inkomste van beide groepe word met ope arms aanvaar.

Ek vra hiermee dat my medebroeders hulle stemme moet dik maak sodat al die hoorders regmatig kan besluit wat vir hulle die waarheid is.

Kommentaar

Republikein 2025-04-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer