Gee gestremdes 'n stem
Verskeie rolspelers vergader vandeesweek in Windhoek om die regte van mense met gestremdhede te bevorder.
Henriette Lamprecht – In 2016 het 108 992 mense met gestremdhede in Namibië geleef – sowat 5% van die land se bevolking.
Volgens die Namibië Statistiekagentskap (NSA) se demografiese opname van dié jaar, wat op statistiek van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) gebaseer is, kan die werklike syfer so hoog as 15% wees.
Twee derdes van diegene met gestremdhede woon in landelike gebiede, wat toegang tot dienste bemoeilik.
Volgens Namibië se 2011-sensus van mense met gestremdhede het 87% van kinders onder vier met gestremdhede nog nooit enige vroeë kinderontwikkelingsprogramme (ECD) meegemaak nie.
Dit veroorsaak dat hulle ‘n kritieke fase vir die bou van ‘n sterk fondasie vir lewenslange onderrig misloop.
Die werkloosheidskoers vir mense met gestremdhede staan op 39% in vergelyking met die nasionale werkloosheidskoers van 28%.
Volgens ‘n verslag van die arbeidskommissie beteken dit 48 000 mense is weens hul gestremdhede nie deel van die werksmag nie.
Mense met gestremdhede word steeds weerhou van hul reg op gehalte onderrig, insluitende tegniese en beroepsgerigte onderrig en opleiding, weens ‘n gebrek aan tegnologie en onderrigmetodes wat op mense met gestremdhede gemik is.
Vandeesweek het verskeie rolspelers, insluitende verteenwoordigers van die regering, die Verenigde Nasies (VN), burgerlike organisasies, sowel as organisasies vir mense met gestremdhede, in Windhoek vergader.
Die doel van dié byeenkoms is om ‘n projek van stapel te stuur wat toegang tot dienste vir mense in Namibië met gestremdhede sal verbeter.
Met die implementering van die projek sal Namibië die VN se konvensie vir die regte van mense met gestremdhede (UNCRPD) bevestig, en sodoende kwessies met betrekking tot gestremdes as ‘n geïntegreerde deel van volhoubare ontwikkeling bevestig.
Die byeenkoms bied die regering en sy vennote die geleentheid om sleutelkwessies en uitdagings te identifiseer wat mense met gestremdhede daagliks ervaar.
“Voorkeur moet verleen word aan ingrypings wat tot mense met gestremdhede se voordeel strek, en hulle moet aan die spits daarvan wees. Ek is baie bly die projek fokus meer op die betekenisvolle deelname van gestremdes in die implementering van projekte. Ons kinders met gestremdhede baat nie by vroeë kinderontwikkelings(ECD)- en onderrigdienste nie.
“Ek hoop die ingrypings fokus op die vroeë identifisering, evaluering en verwysing na ECD asook op die onderrig van kinders met gestremdhede,” het die adjunkminister van aangeleenthede oor gestremdhede, me. Alexia Manombe-Ncube, gesê.
Die sowat 70 rolspelers hoop om vandeesweek ook ‘n mediastrategie te ontwikkel wat deur middel van radio, televisie en gedrukte media aktiwiteite vir mense met gestremdhede sal uitlig.
Namibië se Grondwet maak voorsiening vir respek vir menseregte en vryhede, sowel as respek vir die menswaardigheid van mense met gestremdhede, terwyl die nasionale wet vir die raad vir gestremdes dié mense bemagtig en hul inklusiwiteit in alle vlakke van die samelewing waarborg.
Volgens ‘n verklaring deur die VN weerspieël gapings op verskeie vlakke die vlak van diskriminasie teen gestremdes in die land, wat onvoldoende wetgewende en beleidsimplementering insluit, asook vooroordeel en onkunde wat tot stigma en maatskaplike uitsluiting lei.
Deelname deur mense met gestremdhede word verder beperk deur ‘n gebrek aan onder meer spesiale opleiding vir onderwysers, gesondheidswerkers en ander diensverskaffers.
“Ons, die VN-gemeenskap in Namibië, bly verbind tot die beginsel ‘niemand word agtergelaat nie’. Ons sal voortgaan om ingrypings te ondersteun wat verseker die stemme van mense met gestremdhede word gehoor en oorweeg,” het die VN se koördineerder vir Namibië, me. Rachel Odede, gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie