Gee grond terug, sê Swanu
'n Politiek party het voorgestel voorkeur moet verleen word aan gemeenskappe wat grond verloor het.
Catherine Sasman - Swanu het voorgestel die regering moet kommunale grond landswyd teruggee wat wettiglik deur tradisionele gemeenskappe beset word.
Dié voorstel is aan die kommissie van ondersoek na voorvaderlike grondregte en vergoeding gemaak wat tans openbare vergaderings in die Khomasstreek hou.
In sy voorlegging sê die party sy aanbeveling van gemeenskapsbesit is uitvoerbaar, aangesien die regering reeds begin het met die registrasie van 20 ha grond met betrekking tot gemeenskapsgrondregte.
Volgens die party strook sy aanbeveling met artikel 10 van die Grondwet, wat voorseining maak vir die beskerming van beide private en gemeenskaps-titelaktes.
Die party stel ook voor ’n wet oor voorvaderlike grondregte word uitgevaardig om voorvaderlike grondeise en vergoeding te reguleer.
Verder beveel hy aan voorkeur moet verleen word aan eisers wat ’n regstreekse en betekenisvolle belang by die kwessie het en nie aan alle voorheen benadeeldes wat nie noodwendig slagoffers van “rassistiese, koloniale regsgeleerdheid” was nie.
Swanu sê die beginsel van voorkeurtoekenning word toegepas, terwyl die “intra-slagoffers” van onteiening aandag moet geniet.
Die party se voorlegging is deur sy president, mnr. Tangeni Iijambo, onderteken en beveel ook aan die regering moet “dringend” met die Verenigde Nasies (VN) onderhandel.
Volgens hulle het die VN ’n direkte verantwoordelikheid teenoor Namibië om ’n konferensie aan te bied oor die finansiering van vergoeding.
Die party stel die stigting van ’n gemeenskaplike kommissie vir die finansiering van voorvaderlike grond voor, wat uit Namibië, Duitsland en Suid-Afrika bestaan om die finansiële verantwoordelikheid te help dra wat uit grondonteiening spruit.
Swanu het verder voorgestel voorvaderlike grondeise moet geldig wees vir gemeenskappe wat tussen 1884 en 1990 onteien is, en dat dit nie moet strek tot prekoloniale tye nie.
Die party dring ook aan op ’n beleid van nasionale versoening, wat volgens hom tot dusver net ’n “Swapo-nuusverklaring” behels wat in Mei 1989 uitgereik is.
‘GEEN PLEK VAN ONS EIE’
Lede van die Afrikaner- Tradisionele Owerheid se raad, onder leiding van hoofman Edward Afrikaner, het vir die kommissie gesê hulle leef nog heeltyd op grond wat sedert 1978 van die Bondelswarts-gemeenskap “geleen” is.
“Ons het geen plek van ons eie nie” het die owerheid in sy voorlegging gesê.
Volgens die lede is verskeie pogings deur vorige leiers aangewend om die regering by die kwessie te betrek, maar het daar dadels van gekom.
Die owerheid stel voor 400 000 ha in die Khomasstreek word aan die Afrikaner-owerheid gegee.
Hulle beweer die Erindi private wildreservaat is op die Afrikaners se voorvaderlike grond geleë.
Erindi, wat nou te koop is, bestaan uit sewe plase wat onder die regsentiteit Brigadoon (Pty) Ltd verenig is.
“Vandag kan die Afrikaners nie enige grond eis wat hulle hul eie noem nie, omdat ons voorvaderlike grond private grond genoem word en grootliks deur die Namibiese Grondwet vir ’n klein elite-groepie bewaar word,” sê die owerheid.
Die owerheid het voorgestel ’n monument van Jonker Afrikaner, Windhoek se stigter, word by ’n geskikte plek opgerig, wat die owerheid sal kies.
Die owerheid versoek ook hulp met die identifisering van “Jonker”, wat na wat verneem word by Jonkersgrab wes van Windhoek begrawe is.
Hulle stel ook voor alle paaie wat na Jan Jonker vernoem is, moet na Jan Jonker Afrikaner hernoem word.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie