Gee kos, nie geld
JURIE VILJOEN SKRYF:
Daar is dinge in die lewe wat altyd sal hinder omdat niemand bereid is om op te tree nie.
Ek hou gister (Vrydag) stil by die verkeerslig in Sam Nujoma en Nelson Mandela. My aandag word getrek deur ’n jeugdige bedelaartjie, ’n kind, hier by die venster.
Ek kan nie hoor wat hy sê nie, maar sy hande en vingers praat ’n taal en sy mond beaam dit. As jy nie weet wat is die einde van hierdie gebaretaal nie, verstaan jy nie die spel nie. Ek praat hom aan en hy sê ewe kordaat: ”Ek het ’n 'licence' om hier te staan. Moet ek hom gaan haal?”
’n Dame vertel sy het vir hierdie mannetjies ’n appel of twee gekoop, maar hulle het dit teruggegooi in die motor, want hulle soek geld. As jy vir hom geld gee, kom “Big Brother” sporadies verby om te aas.
Hier by die Grove staan ’n kreupel, getremde vrou. Deesdae sit sy. Sy skud die blikkie om jou aandag te trek. Ek is oortuig dat dit wat sy deesdae kry, nie te versmaai is nie. Sy “praat” ook met jou as jy nie gee nie.
Ek weet sy kry subsidie van die staat en sy staan daar om geld te kry. Ja, iemand kan vra: waar is jou menslikheid? Sy wil nie kos hê nie; sy soek geld.
Ons verstaan almal en elkeen van ons sou derduisende dollar betaal om nie soos sy te wees nie. Hoe bevoorreg is ons nie.
Hoekom egter, word sy alleen toegelaat om daar te staan en geld te bedel? Deur haar teenwoordigheid maak sy ’n skuldgevoel in ons wakker en wil ’n mens nie meer daardie pad ry nie.
Iewers in Klein Windhoek sit daar ’n verwaarloosde siel. Waar hy vandaan kom, weet ’n mens nie, maar hy soek ook iets. Hy gooi sy koeldrankblikkie sommer daar weg en toe die vrou in die voorste motor met hom praat, toe krap hy die blikkie verder die straat in.
Is die teenwoordigheid van hierdie mense dan ons kruis? Of is daar iemand, soos die stadspolisie, wat die gesag het om hierdie sake ferm te hanteer?
My oplossing is: Gee kos, maar moenie geld gee nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie