'Gee SOE-plan kans om te slaag'
Dit is nou belangriker as ooit om staatsondernemings te transformeer sodat hulle geld maak pleks van geld opslurp, sê minister Leon Jooste.
Ronelle Rademeyer - Die meer as N$1,37 miljard wat die ministerie van staatsondernemings (SOE) begroot het om nege van die regering se staatsondernemings in die 2020-’21-boekjaar te subsidieer, is grootliks vir “terminale bloeiers” wat groot druk op die staatskas plaas.
Tog meen die openbare beleidsontleder, mnr. Graham Hopwood, die SOE-minister, mnr. Leon Jooste, se regrukplanne vir kommersiële entiteite kan vrugte afwerp.
“’n Mens hoop van volgende jaar af is hierdie bedrae aansienlik kleiner en dat Jooste en sy ministerie wel ‘n verskil sal maak. As die hervorming van die staatsondernemings nie slaag nie, moet hulle toegemaak word,” sê Hopwood, direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR).
Jooste het verlede week sy ministerie se begroting van N$1 409 496 000 in die parlement ter tafel gelê. Hiervan sal N$38 195 000 aangewend word in die uitvoering van die ministerie se take en pligte, terwyl N$1 371 301 000 as subsidies aan nege SOE’s in die land oorbetaal sal word.
Die grootste deel – N$984 608 000 – gaan na Air Namibia. Die ander staatsondernemings wat gaan hulp kry, is Epangelo Mining, Zambezi Waterfront sowel as die Lüderitz Waterfront, die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC), die Namibië Instituut vir Patologie (NIP), AgriBusDev, die Landboubemarkings- en handelsagentskap (AMTA) en die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC).
Dit is die eerste jaar wat die subsidies deur sy ministerie gekanaliseer word, en nie deel uitmaak van ander begrotingsposte nie.
Hopwood sê een van die frustrasies van vanjaar se begroting is juis die feit dat geld wat vir SOE’s bedoel is, “versteek” is in die begroting en nie aangedui word soos in die verlede die geval was nie. “Ons kry nie met die eerste oogopslag die volledige prentjie nie,” sê Hopwood.
Jooste het in sy begrotingstoespraak gesê sy ministerie sal in hierdie boekjaar die implementering van die hervormingstrategie vir SOE’s afhandel.
’n Prestasiebestuursraamwerk en geïntegreerde prestasiebestuurstelsel sal ontwikkel word, die prestasie-evaluering van die raadslede wat in die direksies van SOE’s dien, sal aandag geniet en ‘n bestuursraamwerk en -telkaart vir openbare maatskappye sal ontwikkel word.
Verder sal SOE’s aan 'n doeltreffendheidsoudits onderwerp word, en raadslede sal opleiding ontvang.
Volgens Jooste neem sy ministerie ’n portefeulje van 22 kommersiële entiteite met ‘n batewaarde van N$70,2 miljard en laste van N$33,2 miljard oor. Dit beteken die netto batewaarde is N$37 miljard en die skuld-tot-bate waarde is 47,3%.
Hy sê die inkomste het jaar-op-jaar (2018-2019) met 1,9% gegroei, terwyl uitgawes in die ooreenstemmende tyd met 12,6% gestyg het.
Die gesamentlike wins van die maatskappye in die portefeulje het N$1,7 miljard beloop en die winsgrens was 7,4%, sê Jooste.
“In die lig van ons huidige ekonomiese situasie is dit nou meer kritiek as ooit om die hervorming van ons staatsondernemings te verhaas sodat hulle ekonomie aanvuur pleks van ‘n las op die staatskas sal wees,” het Jooste gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie