Gee tog maar ’n geldjie
As ons een ding in hierdie onseker tye geleer het, is dit seker die feit dat ons almal van mekaar afhanklik is. Soos die Engelsman sê, no man is an island. Ons kan nie op ons eie oorleef nie.
Die plaaslike mark is besig om te bloei en die toerismesektor is op sy knieë.
Liefdadigheidsorganisasies weet nie meer hoe om hulle deure oop te hou nie, want die skenkings het opgedroog en meeste huishoudings moes aan ’n verminderde inkomste gewoond raak. Ons spook om ons tiende in die kerk in te stoot en ons sus ons gewete deur vir die karwag ’n N$5 in die hand te stop in plaas van die normale sente wat in die motor rondlê.
Ons skryf ons vingers stompies oor projekte wat welsynsorganisasies bewerkstellig, van maaltye kook tot lootjies wat verkoop word, enigiets om te verseker die rekeninge word betaal. Die waarheid is ons almal vat die maklike uitweg as dit kom by ondersteuning. Meeste van ons gee eerder ’n brood, ’n pak macaroni en blikkieskos, want dis reeds in ons koskas. Ons besluit om eerder ’n Saterdag af te staan
om die DBV se honde te gaan stap, want daar is mos ook ’n prys op ons tyd, of dan nie? Dan het ons ons deel bygedra. Iemand moet tog net nie ’n houtkruis of teelepelstel aan ons probeer afsmeer in die
parkeerterrein van ’n winkelsentrum nie, want ons het nou ons plig nagekom.
Hoe dankbaar sulke organisasies is vir elke skenking wat hulle kant toe kom, is finansiële steun van uiterse belang. As die organisasie se munisipale rekening N$30 000 ’n maand beloop, gaan kosskenkings van min hulp wees as hulle deure sluit. Baie mense gaan ook hul werk verloor.
Meeste van ons is nie bewus van die werk wat in so ’n organisasie ingaan nie. Dit is nie net kospakkies uitdeel en klereverkopings nie. Niemand wil geld gee vir lopende kostes nie, want dis nie sexy nie. Daar is nie ’n foto in die koerant van ’n groot besigheid wat kontant geskenk het om seker te maak ’n welsynsorganisasie se ligte bly aan nie, maar laat daardie besigheid nou ’n skenking van klere en kos maak. . .
En voor iemand sê dit is nie ons verantwoordelik om ander instansies se salarisse te dek nie, onthou net, ons doen dit elke maand vir die regering en kan nie eers goed daaroor voel nie. Inteendeel. Hierdie mense werk om gapings in die ekonomie te vul waar daar net nooit geld voor is nie.
In tye van nood of nie, een ding bly altyd die dieselfde, money makes the world go round. So gaan kyk na jou begroting en kyk waar jy ’n noot of twee kan spaar om dalk aan ’n welsyn te skenk. Dit betaal nie net ’n rekening nie; dit sit brood op families se tafels.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie