Gee vir daardie regter u2019n Bellu2019s
Gee vir daardie regter u2019n Bellu2019s

Gee vir daardie regter ’n Bell’s

Mandy Rittmann
JOHN FREDERICKS SKRYF:

Die Bell’s whiskey-advertensie waarin ’n persoon al die regte dinge vir die regte redes doen, word beloon met die woorde “give that man a Bell’s”.

Die regter in die 13 jaar lange verhoor oor die Avid-skandaal saak verdien ’n "tripple" Bell’s. Die onverskrokkenheid, vasbeslotenheid, regverdigheid en deursigtigheid met die hantering van hierdie bedrogsaak maak van daardie regter een van die land se mees aanbevole kampvegters teen korrupsie, maar seker ook een van die mees gevreesde regters op die regsbank betreffende korrupsie.

Dertien jaar om een saak af te handel, is seker nie na wense nie, maar die beslissings van die hof het die gewag die moeite werd gemaak.

Alle eerlike, wetsgetroue en beginselvaste Namibiërs het dalk in beginsel ’n probleem met die tronkstraf teenoor finansiële boetes wat opgelê was aan lede van die Avid-bende, wat hul straf met hul borggelde kan betaal, en dan nog kleingeld of feesviermoela sal oorhê. Die terugbetaling van die Avid-geld, wat skipbreuk gely het in ons howe as gevolg van wat ek as die onbevoegtheid, onkundigheid en blatante onnoselheid van die raad en die CEO beskou, sou seker tot gevolg gehad het dat daar nie moela sou gewees het om die skulderkenningsboetes te kon betaal nie en sodoende sou veroordeeldes dalk tronk toe moes gegaan het.

Skelms, bedrieërs, rugstekers, vervalsers en of enige subwese wat korrupsie beoefen, in watter vorm en in watter hoedanigheid ook al, hoort volgens my êrens in ’n tronk wat hulle vir hulself gebou het, êrens in die Namib-woestyn.

My pleit en smeking is dat bedrogsake, korrupsiesake en of enige ander saak waarin ’n persoon/persone hulself, hul families of hul vriende/kenisse voorkeur laat trek ten koste van die voorheen benadeeldes, armes, onkundiges en onskuldiges wat nie van beter weet nie, moet in minder as ’n maand deur ’n spesiale hof gevonnis of vrygespreek word.

Ter versagting van die tronkstraf het ek sewe jaar in gedagte gehad, maar die regter ken sekerlik die meriete van die sake ter sprake beter.

Ons wag in afwagting en in spanning vir die Conradie/MTC riller of gru-verhaal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!