Gee vrouespan só 'n hupstoot
Vrouekrieket
In vrouekrieket, een van die wêreld se snel groeiende sporte, bevind Namibië hom in die 23ste posisie op die wêreldranglys en derde op die vasteland, ná Suid-Afrika en Zimbabwe.
“Ons het 'n baie talentvolle nasionale oefengroep van 24 spelers van wie die meeste reeds oor internasionale ondervinding beskik.
Die meerderheid van hierdie spelers is van Windhoek, Walvisbaai en Swakopmund. Ons fokus is ingestel op die Afrika-kampioenskap in November 2021, wat die kontinentale kwalifisering vir die Wêreldbeker-vrouetoernooi in Februarie 2022 in Nieu-Seeland is,” sê Krieket Namibië in 'n nuusverklaring.
Die beheerliggaam is reeds besig om sy internasionale kalender vir 2021 te vul met inkomende toere deur Zimbabwe, Kenia en Botswana asook 'n besoek aan Uganda.
Die vrouespan aspireer om die puik opgang van die nasionale manspan in die afgelope twee seisoene na te doen.
'n Groot struikelblok is egter dat dit vir talle spelers selfs 'n geldelike uitdaging is om elke oefensessie op eie onkoste by te woon.
Krieket Namibië het gevolglik met die konsep vorendag gekom om sy korporatiewe vennote te betrek om elk 'n nasionale speler vir 'n periode van 12 maande “aan te neem”. Die kategorieë wissel van N$3 000 tot N$6 000 afhangend van verskillende vlakke van ondersteuning. Die eenmalige betalingsopsie is ook beskikbaar.
Die korporatiewe steun word dan gebruik om kostes te dek soos 'n toelaag vir vervoer van en na oefensessies en wedstryde; 'n gesonde eetprogram; bystand met studiegeld of studielenings; bystand met die aankoop van kriekettoerusting, asook herstel en rehabilitasie ná beserings (fisioterapie).
“Sulke spelers vorm 'n sterk band met die maatskappy om die monitering van bystand te verseker. Indien die private sektor hierby inkoop, sal dit ongetwyfeld ons nasionale vrouespan 'n hupstoot gee en ons hele vroueprogram versterk,” sê die beheerliggaam.
Enige navrae kan aan die nasionale vroue-afrigter, Francois van der Merwe, by [email protected] gerig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie