Gee waardigheid terug aan meisies en vroue
Herbruikbare sanitêre doekies bemagtig vroue en meisies wat nie weggooibare doekies kan bekostig nie.
Henriette Lamprecht
Menstruasie is 'n natuurlike gegewe vir elke vrou en iets wat vir sowat 25 tot 30 jaar deel van haar lewe is.
Tog is daar vandag duisende Namibiese meisies wat tydens dié natuurlike fase gedwing word om van die skool of werk af weg te bly, omdat hulle nie 'n basiese sanitêre doekie kan bekostig nie.
Me. Hermine Bertolini, 'n oudonderwyser met naaldwerk as stokperdjie, poog nou om meisies en vroue met die vervaardiging en verspreiding van herbruikbare sanitêre materiaaldoekies hul waardigheid terug te gee.
“Duisende meisies word gedwing om enige beskikbare stuk lap soos 'n ou T-hemp, sokkies en selfs ou koerante te gebruik, wat baie onhigiënies is,” sê Bertolini.
As gevolg hiervan bly baie meisies afwesig van skool om hulself die vernedering te spaar van die moontlikheid van vlekke op hul klere.
“As 'n meisie in een termyn vir 'n week elke maand uit die skool bly, mis sy 'n hele maand van skool. Ons baklei nie net vir die gebruik van die herbruikbare doekie nie, maar ook vir die bemagtiging van vroue,” sê Bertolini, wat aan die hoof van Ann Pads staan.
OMGEWINGSVRIENDELIK
“Dit is veral geskep vir dié vroue en meisies wat nie bevoorreg is om met elke siklus 'n pakkie weggooibare doekies te kan koop nie.”
Ann Pads is ook omgewingsvriendelik omdat dit nie op vullishope beland nie.
Bertolini verduidelik Ann Pads word van materiaal van hoë gehalte vervaardig, wat vog kan hanteer en goeie absorpsievermoë het.
“Die tipe materiaal is baie belangrik. Die doekie het 'n bolaag, kern en rugkant. Die eerste laag moet so goed wees dat dit enige vogtigheid onmiddellik van die vel af wegneem, wat baie belangrik is,” verduidelik Bertolini.
Die middelste deel van die doekie moet absorberend genoeg wees dat enige vloeistof wat van die vel af weggeneem is, verder na die plastiekgedeelte beweeg en nie weer terug na die vel nie.
“Die bestuur van vog is baie belangrik en dat dit onmiddellik van die vel weggeneem word,” beklemtoon sy.
Die normale menstruasiesiklus kan wissel van drie tot sewe dae per maand. Ann Pads het ses doekies van verskillende groottes en dikte per pakkie, wat die vrou of meisie twee tot drie keer per maand moet was.
“Jy sit die vuil doekie in koue water, vryf die ergste uit en was dit met seep saam met die res van jou wasgoed. Dit word ook vinnig droog.”
Word die doekies goed versorg, kan dit volgens haar maklik vir tot vier of meer jaar gebruik word.
So word tot N$2 000 in vier jaar gespaar.
“As 'n meisie dit in graad 9 kry en dit goed versorg, kan dit haar hou tot sy graad 12 sonder enige probleem voltooi.”
Die ses doekies word in 'n mooi sakkie verpak, met aanwysings en sketse vir die gebruik en versorging daarvan in onder meer Oshiwambo, Herero en Portugees.
Die pakkie het ook 'n plastieksakkie by met instruksies om 'n ekstra herbruikbare doekie hierin te sit vir jou handsak of vir skool.
Volgens Bertolini kan die herbruikbare doekies ook deur vroue en mans gebruik word wat swak blaasbeheer het.
Ann Pads se pakkie van ses herbruikbare doekies word tans teen N$120 per pakkie verkoop.
Vir enige navrae, kontak Hermine by 081 287 8516 of stuur 'n e-pos aan [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie