Geel en goud vir kinderkankermaand
Een van die mees traumatiese dinge wat ’n gesin kan tref, is die diagnose van kinderkanker.
Met die afsluiting van die “Geel en Goud”-maand van bewusmaking van kinderkanker, wil die Kankervereniging van Namibië (CAN) families inlig oor die stappe en prosedures wat ’n verskil kan maak indien kinderkanker aan jou deur klop.
My kind is gediagnoseer - wat nou?
Jy word ingelig dat jou seun of dogter kanker het.
Jy raak koud wanneer jy die woorde uit jou dokter se mond hoor, jou liggaam raak lam . . .
Jy weier om hom te glo. “Nee,” sê jy vir jouself. “Hy het net die pasiëntvorm per ongeluk omgeruil met dié van ’n ouer persoon wat al die lewe geleef het. Nie my kind nie.”
Al wat jy wil doen, is om die tyd terug te draai tot voor jy die verskriklike nuus gekry het. Jy weet dit gaan nie gebeur nie. Jy sal huil, dit is normaal.
Hier is ’n paar dinge wat kan help om jou voor te berei om jou kind gedurende hierdie tyd te ondersteun.
1. Probeer by die hospitaal se werksaamhede aanpas.
• Vra vir inligting of ’n toer van die hospitaal.
• Laat elke professionele medikus waarmee julle werk, verduidelik watter rol hy of sy in die verskaffing van sorg sal speel.
• Bepaal presies waar behandeling sal plaasvind.
• Maak jul hospitaalkamer of -saal so persoonlik as moontlik deur komberse, foto’s of geliefkoosde speelgoed te bring indien dit toegelaat word. Dit maak die omgewing baie meer gemaklik gedurende behandeling.
• Neem deel of bring aktiwiteite saam om besig te bly terwyl medikasie toegedien word (kuns, legkaarte en bordspeletjies is altyd goed).
• Vra uit oor die rol van die verwysende dokter asook die verskeie medici waarmee julle sal werk.
• Hersien inligting en materiaal wat deur die mediese span, CAN of ondersteuningsnetwerke beskikbaar gestel word.
• Vra hospitaalpersoneel om te verduidelik hoe die “mediese stelsel” werk. Praat ook met ander ouers en sluit by ondersteuninggroepe aan – dit is dikwels baie waardevol omdat jy mense ontmoet wat in soortgelyke situasies is en julle mekaar kan ondersteun.
2. Vra die dokter uit oor die kankerdiagnose.
• Die tipe kanker
• Aanbevelings oor behandeling
• Verwagte duur van die behandeling
• Newe-effekte (vra vir die leesstof) van chemoterapie
• Wat is die prognose (stadium van kanker)? Wat is die kanse dat die kanker ná behandeling sal terugkeer?
• Name en telefoonnommers van moontlike ondersteuningsgroepe
• Beskikbare literatuur oor die tipe kanker waarmee te kampe is.
• Die naam van die mees ervare onkoloog vir ’n spesifieke tipe kanker.
3. Wees eerlik, ongeag hoe moeilik dit is.
Jou kind sal nou meer as ooit volkome afhanklik van jou krag, emosies en leiding wees.
Onthou, kinders is bewus van alles wat om hulle gebeur en is besonder sensitief vir emosies; probeer dus kalm en sterk wees om hulle onthalwe.
Indien die kind moeilike vrae het (en hulle sal hê), is dit belangrik dat jy eerlik met hulle is. Wees bereid om die siekte, die verloop, maar ook die dood, op ’n geskikte manier te bespreek. Indien dit moeilik vir jou as ouer is, raadpleeg ’n kindersielkundige.
Moenie jou kind mislei nie, maar maak die ervaring so natuurlik en verstaanbaar as moontlik. Jy sal gou ontdek jou bondeltjie vreugde het die hart, stamina en uithouvermoë van ’n leeu! Hul kommer gaan dikwels nie oor hul eie vrese of pyn nie, maar oor hoe mamma en pappa hierdie stryd gaan hanteer.
4. Jou liefde en ondersteuning gaan nou ’n baie groot impak maak.
’n Kind sal minder bang wees as jy elke stap van die proses meemaak.
Jy as ouer het die reg om jou kind te vergesel gedurende die mediese behandeling en dit is van kardinale belang dat kinders ondersteun word as hulle vir kanker behandel word. Hulle moet veilig voel.
Indien ouers geskei is, moet geeneen van die biologiese- of stiefouers uitgesluit word nie – dit is ’n tyd vir die gesin om saam te staan. Onthou: Jou kind en behandeling kom eerste.
5. Luister na jou kind.
Kinders, van babas tot jong volwassenes, sal óf probeer om hul pyn weg te steek, óf dit duidelik openbaar maak.
Kinders se persoonlikhede verskil, leer ken jou kind, sy of haar gedrag, gebruike en ook geestestoestand. Leer om te luister na dit wat hulle “nie sê nie”.
Dié pad word ’n ontdekkingsreis waar julle mekaar sal leer ken en, ongeag hoe emosioneel, is dit ’n pad wat saam gestap moet word.
6. Glo en hoop.
Die belangrikste ding om te doen, is glo.
Hoop is een van die belangrikste faktore in genesing, want wanneer daar nie meer hoop is nie, word die kanker eintlik die oorwinning aangebied. Dit moet ten alle koste vermy word.
’n Positiewe gesindheid help om ’n positiewe gees en ook ’n positiewe liggaam te bou. Bly glo en hoop en as die finale tyding wel negatief is, hou vas aan die geloof en hoop om weer in die hiernamaals saam te wees.
CAN bedank die media, in besonder Republikein, Hitradio Namibia, Maerua Inkoopsentrum en Garden Inspirations wat die 2015 Kinderkanker Bewusmakingsmaand ondersteun het.
Die publiek kan CAN kontak by [email protected] of 061 237 740 vir inligting en ondersteuning in die stryd teen kanker.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie