Geen Advent-kalender vanjaar
Die Lions Klub Windhoek Alte Feste sal vanjaar weens die moeilike ekonomiese omstandighede nie 'n Advent-kalender uitgee nie. Verlede jaar het die organisasie 2 500 van dié gewilde kalenders vir die tiende keer verkoop. Die geld wat ingesamel word, word vir die ondersteuning van verskillende gemeenskapsprojekte aangewend. Verlede jaar is onder meer gemeenskapsprojekte op Lüderitz, Ovitoto, Hentiesbaai en in Windhoek ondersteun. Die projekte sluit in kindergartens, ouetehuise, organisasies wat met gestremde kinders, slagoffers van geslagsgeweld en diere werk.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie