Geen afstigting of rebellie
WILLEM PETRUS VAN WYK SKRYF:
Met betrekking tot die brief van Nico Bock, wat ek op die sosiale media geplaas het en waarin verwys word na die berig “Tweespalt” in die Rehoboth Son van 15 Oktober 2021, plaas ek die volgende met die doel om sekere leuens en misverstande aangaande die Rehoboth Burgher Gemeente en ons kaptein, Martin Dentlinger, uit die weg te ruim.
Die Rehoboth Burgher Gemeente is ’n privaat assosiasie van vrywillige lidmate. Dus kan diegene wie nie meer deel daarvan wil wees nie, om watter rede ookal, eenvoudig hul lidmaatskap kanselleer. Dit is nie ’n diktatorskap waar lede regs en links sonder prosedure kan geskors word nie. Enige klag teen ’n lidmaat moet deur die Burgher Hof met voorlegging van feitlike bewysstukke, nie hoorsê of opinies, hanteer word.
Op ’n vergadering gehou op die 4de Augustus 2021, het die voormalige voorsitter van die RBG die aanwesiges ingelig van sy bedanking as voorsitter en hom ook gedistansieer van die gemeente. Dus kon die voormalige voorsitter, Nico Bock, ook nie ’n wettige volksvergadering belê op die 7de Oktober nie. ’n Voorsitter kan in elk geval ook nie ’n vergadering vir die kapteinsraad belê nie.
Die RBG-lede en belangstellendes wie die vergadering bygewoon het, het dit gedoen met die doel om ’n ordentlike oorhandiging te bewerkstellig. Ons kaptein, Martin Gustav Dentlinger, het nie bedank nie.
Die sogenaamde “ontbinding” van die assosiasie is ’n fantasie wat net in ’n onwerklikheid van verwarring en ryk verbeelding kan plaasvind. Die Rehoboth Burgher Gemeente bestaan; vasgeanker in die wet. Ons gaan nêrens nie. Diegene wie ons uit die pad wil hê vir hul eie persoonlike ambisies, moet maar aanhou valse droomgesigte sien.
Bygesê, die kaptein en raadgewers is nie ’n hiërargiese beheerstruktuur nie. Dit is bloot ’n uitvoerende gesag, wat geen mag oor die burghers of die burghers se belange kan uitoefen nie.
Die Rehoboth Gebiet was en is nog van die begin privaat kollektiewe eiendom, wat as onverdeelde boedel deur die kapteinskantoor in trust gehou word en deur die kaptein geadministreer word. Hy hou slegs die regstitel en is nie die eienaar nie. Die eienaars is die erfgename.
Oor die kwessie van regsstudies wat geen erkenning geniet, soos geskrywe deur kaptein Dentlinger: “As hulle bedoel dat ek nooit gesertifiseer sal word nie, kan ek met trots sê: 'Ek wil en sal ook nooit erkenning daarvoor soek nie. Waarom sal ek myself bind aan die lisensie onder eed van die BAR assossiasie en die regering? What we think of as 'law' by the BAR legal system is merely the rules of commerce between corporations. It does not apply to living people. Law is the moral sentiment of your community and it will differ from place to place. No-one may impose their laws on another community. Period.'"
Die soewereiniteit van eerste nasies het niks te doen met afstigting of rebellie nie. Dit skakel in by die reg tot selfbeskikking van alle eerste volke; ’n reg wat deur die Namibiese regering onderteken is en erken word in lyn met internasionale reg.
Die Rehoboth Burgher Gemeente het die Vaderlike Wet se prosedures noukeurig gevolg en ons eis vir ons erfenis aan die relevante owerhede ingedien sonder teenstand. Ons het die boedel geëis. Let op die maxim in die wet: “Een met die wet is ’n meerderheid.”
Oor ’n ene mnr. Kenneth Scott wie die oorsiener van Koning David Joël (die 124ste direkte manlike afstammeling van Koning Dawid) se hof is, sy lesings is beskikbaar op die yYoutube-reeks “Proclamation of Peace”. Die ooreenstemmende webtuiste is proclamationofpeace.org ten bate van diegene wie belangstel om meer te weet, leer en verstaan.
Ons jaarlikse vergadering vir die verkiesing van ’n nuwe volksraad en voorsitter asook om algemene probleme binne die Gebiet te bespreek, vind by die Hermanus van Wyk-gedenksaal plaas om 15:00 uur op die 14de November 2021. Registrasievorms vir diegene wie kwalifiseer as erfgename volgens die Vaderlike Wet en aansoek wil doen vir burgherskap sal beskikbaar wees, asook vir diegene wie met ’n burgher getroud is en aansoek wil doen vir beskermde burgherskap. ’n Afskrif van die huweliksertifikaat moet die laasgenoemde aansoeke vergesel.
Die kopbelasting vanaf 1990 tot en met 2019 is N$120; N$4 per jaar vanaf onafhanklikheid ooreenstemmend met die Hoërhofuitspraak dat die Vaderlike Wet onafhanklikheid oorleef het en N$200 vir elke daaropvolgende jaar.
“For many years, no one has stopped and corrected the unlawful treatment of the RBG. If we do not abate something and remove the presumption of consent, then it remains unabated and thus attached and operative against us. It is what keeps us inside the matrix and Babylon.” - Kaptein Martin Dentlinger

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie