Geen aktiwiteite by Dubai Ekspo gekanselleer
Henriette Lamprecht – “Daar is geen planne om enige van die geskeduleerde geleenthede of aktiwiteite by die Ekspo 2020 Dubai te kanselleer nie. Sommige sal wel in lyn met vereistes vir sosiale afstand en ander protokol van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) afgeskaal word.”
Die Namibiese raad vir die bevordering van beleggings en ontwikkeling (NIPDB) en die voog van die Namibian Pavilion by Ekspo 2020 Dubai het die versekering gegee dat die land op koers is om die doelwitte te bereik wat hiervoor gestel is.
Die NIPDB erken in 'n verklaring by monde van me. Catherine Shipushu, senior bemarkings- en kommunikasiebestuurder, dat huidige reisbeperkings sommige van die planne “gesmoor” het, maar 'n oplossing is gevind om dié uitdaging te oorbrug. Dit sluit die gebruik van tegnologie in om te verseker alle aktiwiteite om beleggings te bevorder, gaan voort soos beplan.
“Die NIPDB het die reuseverantwoordelikheid om dividende op die regering se belegging in die ekspo te verseker,” het sy gesê.
“Die raad bly verbind daartoe om die opdrag uit te voer om te verseker dat die uitkomste van die land se deelname positief bydra tot die versekering van ekonomiese vooruitgang vir alle Namibiërs.”
GELEENTHEDE VIR BELEGGING
Namibië het op 1 Oktober verlede jaar by 191 ander lande as deelnemer aan die ekspo in Dubai aangesluit. Die Namibian Pavilion fokus op beleggingsgeleenthede in veral hernubare energie, seediamante en mynbou, toerisme en kulturele erfenis.
Volgens Shipushu het besoekersgetalle sedert Oktober 2021 geleidelik toegeneem en staan dit tans op 146 855 wat dui op 37 000 besoekers per maand. Met verwysing na die bemarking van Namibië as 'n aantreklike beleggingsbestemming is 'n doelwit geskep om ten minste 10 beleggingsleidrade per maand te skep. Tot op hede is 123 hiervan geskep, met die meeste beleggers wat belangstelling in groen waterstof toon.
Die meeste potensiële beleggers en wel meer as 50% is van die VAE afkomstig, met minder as 10% uit Afrika. Shipushu sê die beraad vir hernubare energie in November 2021 is deur potensiële beleggers uit onder meer China, Indië, Zimbabwe en Singapoer bygewoon.
Oor Covid-19-regulasies het sy verwys na die instelling van streng protokolle deur die VAE nadat die voorkoms van gevalle as gevolg van die Omicron-variant aansienlik gestyg het. Die beperking op die aankoms van besoekers uit suidelike Afrika en lande soos Namibië het veral 'n uitdaging geplaas op Namibiërs wat na Dubai vir ekspo-verwante sake moes reis.
Shipushu het beklemtoon hoewel reise na Dubai ingeperk mag wees, het dit nie 'n beduidende impak op Namibië se aktiwiteite by die ekspo nie. As voorsorgmaatreël sal sommige aktiwiteite virtueel aangebied word.
In die volgende twee maande word verskeie geleenthede by die Pavilion aangebied. In die eerste twee weke in Februarie is die fokus op toerisme, gevolg deur mynbou en die ontginning van diamante in dieselfde maand. Die Namibiese beleggingskonferensie vind op 23 Maart plaas, terwyl Nasionale Braaidag, sowel as Namibië-dag op 24 Maart gevier word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie