Geen Android vir Huawei se nuwe foon
Petrus Malherbe
Die beleërde Chinese tegnologievervaardiger Huawei gaan dalk die aftog blaas en tog maar sy nuwe vlagskipfoon sonder enige van Google se programmatuur uitreik.
Volgens bronne met kennis van die saak beplan Huawei om die nuwe Mate 30 op 18 September in Duitsland bekend te stel.
Dit is egter nog nie bekend wanneer die toestelle te koop sal wees nie.
Die Mate 30 is Huawei se eerste beplande vlagskipfoon wat hy wil bekend stel sedert pres. Donald Trump in Mei die maatskappy effektief op 'n swartlys geplaas het, wat Amerikaanse firmas verbied om met hom sake te doen.
Dit sluit ondernemings soos Google in, wat die Android-bedryfstelsel en verskeie ander gewilde apps soos Google Maps en Gmail vervaardig.
'n Woordvoerder van Google het aan Reuters gesê die Mate 30 kan weens die verbod nie met Google se gelisensieerde programmatuur verskeep word nie.
Hoewel Trump later 'n tydelike uitstel gegee het vir wanneer die verbod in werking tree, is dit nie van toepassing op nuwe produkte soos die Mate 30 nie.
Die Amerikaanse handelsdepartement het reeds meer as 130 aansoeke ontvang van maatskappy wat steeds graag met Huawei wil sake doen.
Kragtens die verbod moet die handelsdepartement toestemming verleen aan elke Amerikaanse maatskappy wat met Huawei sake wil doen.
Nog geen van die aansoeke is aanvaar nie, berig Reuters.
Die onsekerheid rondom die Mate 30 dui op die verwarring wat by Huawei en sy sakevennote as gevolg van die voortslepende handelsoorlog tussen Amerika en China heers.
Hoewel die verbod aanvanklik ingestel is weens kommer oor sekerheid, het Trump al aangedui dit kan moontlik as deel van 'n handelsooreenkoms opgehef word.
“Huawei sal voortgaan om die Android-bedryfstelsel en ekosisteem te gebruik as die Amerikaanse regering ons toelaat,” het Joe Kelly, woordvoerder vir die maatskappy aan Reuters gesê.
“Anders sal ons voortgaan om ons eie bedryfstelsel en ekosisteem te ontwikkel.”
'n Woordvoerder vir Huawei in Suid-Afrika het Netwerk24 net na Kelly se kommentaar aan Reuters verwys en wou nie meer oor die saak uitwei nie.
Dit is nog onbekend wanneer die Mate 30 in Suid-Afrika bekend gestel gaan word, indien enigsins.
EIE BEDRYFSTELSEL
Huawei het vroeër vandeesmaand bevestig dat hy sy eie bedryfstelsel, bekend as Harmony, ontwikkel.
Volgens die maatskappy is Harmony nie ontwikkel in reaksie op die Amerikaanse verbod nie; dit is reeds 'n dekade lank aan die gang.
Huawei het aangedui hy is bereid om programmeerders te betaal om apps vir Harmony te skryf. Ontleders en van Huawei se bestuur is egter skepties of Harmony waarlik Android in sekere sleutelgebiede soos Europa en Suid-Afrika sal kan vervang.
Huawei se markaandeel in Europa het reeds van sowat 25% in Maart tot 19,3% einde Junie gedaal – hoofsaaklik weens onsekerheid oor hoe Amerika se verbod gaan eindig.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie