Geen Boeing 737 Max 8's mag in Namibiu00eb land
Geen Boeing 737 Max 8's mag in Namibiu00eb land

Geen Boeing 737 Max 8's mag in Namibië land

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) het pas ‘n verbod geplaas op die gebruik van Namibiese lughawens deur Boeing 737 Max 8-vliegtuie.
Dié owerheid sê in ‘n verklaring deur uitvoerende direkteur, me. Angelina Simana, die besluit is geneem om passasiers en lugvaartpersoneel by lughawens teen enige “lugvaartveiligheid- en sekuriteitsinsident” te beskerm.
Dit volg ná Sondag se Boeing 737 Max 8-vliegramp van Ethiopian Airlines waarin 157 mense kort ná opstyging naby Addis Abeba gesterf het. ‘n Identiese vliegtuig van Lion Air het op 29 Oktober verlede jaar naby Djakarta in Indonesië geval en al 189 mense aan boord is dood.
Dié tipe vliegtuie mag wel die Namibiese lugruim gebruik, solank dit nie hier land en opstyg nie, sê die NCAA.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer