Geen borg vir ‘tref-en-trap-lorriedrywer’
Francoise Steynberg – Die vragmotorbestuurder wat glo Sondagaand ’n voetganger langs die B2-hoofpad by Okahandja doodgery en weggejaag het, bly in aanhouding.
Mnr. Efraim Absalom (29) het gister in die landdroshof op Okahandja verskyn op klagte van strafbare manslag, dronkbestuur en versuim om ná ’n ongeluk stil te hou.
Die beskuldigde is borgtog geweier en sy saak is tot 12 Mei uitgestel.
Volgens die Namibiese polisie se woordvoerder van die Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha, het Absalom glo Sondag omstreeks 20:30 ’n 27-jarige man getref wat saam met sy meisie op die skouer van die pad vanaf Veddersdal na ’n plot geloop het. Die voorval het by die T-aansluiting van die Okahandja-Otjiwarongo-pad plaasgevind.
Die slagoffer is mnr. Michael Gabriel Louw, ’n inwoner van Veddersdal op Okahandja. Volgens Mbeha is sy meisie ongedeerd.
“Die vragmotor het vanaf Okahandja in ’n westelike rigting gery toe die man getref is en nie op die toneel gestop nie. Polisiebeamptes van Okahandja is van die voorval en ’n beskrywing van die vragmotor ingelig,” waarna die verdagte op pad Karibib toe Sondagnag in hegtenis geneem is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie