Geen borgtog vir Babi en kie
Die selfverklaarde profeet, pastoor Jackson Babi (30), bly in aanhouding en moet boonop volgende Maandag in die Gobabis-landdroshof op 'n klag van renosterstropery verskyn.
Babi het vanoggend saam met sy medebeskuldigde, mnr. Frizans Dumeni, verskyn, maar hul borgtogaansoek het 'n wending geneem toe staatsaanklaer Rowan van Wyk gesê het dat Babi op Maandag 8 Junie in die Gobabis-landdroshof op 'n klag van die onwettige jag van spesiaal beskermde wild ('n renoster) moet verskyn.
Die twee is van renosterstropery, -horingsmokkelary en die onwettige besit van renosterhorings, 'n vuurwapen en ammunisie aangekla nadat hulle deel is van agt verdagtes wat verlede week in Windhoek en Otjiwarongo in hegtenis geneem is. Dit volg ná twee swartrenosterkarkasse met hul horings verwyder verlede week op 'n plaas in die Gobabis-distrik ontdek is.
Twee renosterhorings, 'n jaggeweer en ammunisie is glo in Babi se huis op huis op erf 454 in Rheintfonteintstraat in die Kleine Kuppe-woonbuurt in Windhoek gevind.
Landdros Linus Samunzela het die twee beskuldigdes se saak tot 24 Julie vir verdere polisieondersoek uitgestel en gelas dat albei in aanhouding bly.
RENOSTERKARKASSE
Knap voor die twee beskuldigdes se verskyning vanoggend het 'n boer van Gobabis Republikein laat weet dat 'n renosterkoei wat twee maande gelede op sy plaas gewond is, gister aan haar wonde beswyk het.
Haar sesjarige bulkalfie se karkas is verlede Saterdag op die plaas ontdek. Die kalfie se horings is verwyder.
Die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is tans op die plaas om ondersoek in te stel.
"Dit word vermoed dat dit die werk van dieselfde sindikaat van agt verdagtes is wat verlede week in Windhoek en Otjiwarongo in hegtenis geneem is, want die kaliber geweer is presies dieselfde as wat gebruik is in dié vorige stropery ook in die Gobabis-distrik," het die boer gesê.
Foto Francoise Steynberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie