Geen borgtog vir Chinese moordbeskuldigdes
Die Muzokumwe- Vrywillige Organisasie het 'n klagskrif aan die staatsaanklaer oorhandig.
Kenya Kambowe op Rundu - Twee Chinese mans het gister in die volgepakte Rundu-landdroshof weens die beweerde moord op die 32-jarige mnr. Haushiku Muyevu van die Bagani-nedersetting in die Kavango-Oosstreek verskyn.
Die beskuldigdes, mnre. Chen Xuefeng (29) en Zhou Zhenhai (31), het voor landdros Sonia Samupofu op klagte van moord en die oortreding van die wet op wapens en ammunisie verskyn.
Samupofu het die saak tot 22 Julie vir verdere ondersoek uitgestel en gelas die beskuldigdes moet in aanhouding bly.
Staatsaanklaer Steven Haradoeb het borgtog teengestaan weens die polisieondersoek, wat nog in 'n vroeë stadium is, die erns van die misdaad en omdat dit nie in die openbare belang en die beskuldigdes se veiligheid is om op borgtog vrygelaat te word nie.
Chen en Zhou is verlede Woensdag in hegtenis geneem ná hulle glo vir Muyevu verskeie kere met ’n vuurwapen by die Andara-nedersetting, sowat 200 km oos van Rundu, ná 'n salarisgeskil geskiet het.
Die Muzokumwe- Vrywillige Organisasie het gister voor die beskuldigdes se hofverskyning ’n klagskrif aan die aanklaer oorhandig waarin hulle versoek het die beskuldigdes moet nie op borgtog vrygelaat word nie.
Die klagskrif is deur 300 mense onderteken.
Me. Lena Shilongo van Metcalfe Attorneys is die beskuldigdes se regsverteenwoordiger.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie