Geen borgtog vir mans wat glo roof
Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die Engen-diensstasie beroof het wat langs die Trans Caprivi-hoofweg op Rundu geleë is, het verlede week in die dorp se landdroshof verskyn.
Mnre. Francois Poolman (34), wat die diensstasie bestuur en Augusto Inosesiu (28), is verlede week Maandag deur NamPol in hegtenis geneem. Inosesiu het glo ’n karwas-besigheid op die dorp.
Landdros Desmond Beukes het die beskuldigdes borgtog geweier weens die ernstige aard van die klagte teen hulle en omdat hulle met die ondersoek kan inmeng.
Die twee mans is aangekla van diefstal asook inbraak met die doel om te steel. Hulle het na bewering N$949 505,04 van die besigheid gesteel en het glo toegang tot die diensstasie gekry nadat hulle deur die dak ingebreek het.
Die polisie het tot dusver N$575 116,60 van die geld teruggevind.
Hul saak is tot 12 Julie uitgestel. Die staatsaanklaer, mnr. Tjeripo Muruko, het die staat verteenwoordig.- Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie