Geen borgtog vir musikant
'n Man wat saam met vyf ander van moord en sameswering tot moord beskuldig word, is gister borgtog geweier.
Jacqueline Louw
Regter Dinnah Usiku het gister in die hoërhof in Windhoek die 37-jarige mnr. Abiud Uazeua se borgtogaansoek van die hand gewys. Die regter het in haar uitspraak aangedui dit is in die publiek se belang dat die beskuldigde in aanhouding bly tot sy verhoor afgehandel is.
Uazeua staan saam met me. Annastancia Lubinda (36), mnre. David Matali (47), David Kondjara (36), Donald Hindjou (28) en Dollam Tjitjahuma (29) tereg op die moord op Lubinda se eggenoot, die 36-jarige Peter Riscoh Muleke.
Muleke se lyk is op 30 Maart 2015 in die omgewing van die Goreangabdam gevind nadat hy na bewering gestenig is.
Uazeua is reeds die afgelope twee jaar en sewe maande in aanhouding ná sy inhegtenisname op 31 Maart 2015 in verband met Muleke se dood.
Hy is ook van roof met verswarende omstandighede aangekla en van sameswering tot moord.
In sy borgtogaansoek het Uazeua getuig hy het vier kinders om te onderhou en hy verdien net sowat N$4 500 per maand as komponis, musikant en tradisionele geneser (hoewel hy nie as een geregistreer is nie). Uazeua het onskuldig op die moordklagte gepleit.
Regter Usiku het ook in haar uitspraak gesê daar bestaan 'n moontlikheid dat Uazeua met die staat se getuies sal inmeng en, om die waarheid te sê, dat sy vriendin 'n staatsgetuie in die saak is. Die kanse dat Uazeua sy vriendin sou beïnvloed, is taamlik groot en die hof kan nie hierdie feit uit die oog verloor nie, het die regter verder gesê.
Lubinda, wat die misdade gedurende haar borgtogaansoek in 2015 erken het, het verduidelik Matali was die meesterbrein agter die komplot om haar man te vermoor.
Lubinda, wat glo huweliksprobleme ondervind het, het glo vir Matali van haar probleme vertel en hy was volgens haar in beheer van die moordkomplot. Die verhoor van die ses beskuldigdes sal vandag in Windhoek se hoërhof begin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie