Geen borgtog vir ‘reeksverkragter’
'n Man wat daarvan verdink word dat hy niksvermoedende vroue geteiken het deur by hul huise in te breek en te verkrag, is Vrydag in hegtenis geneem.
Leandrea Louw op Walvisbaai
’n Man (28) wat daarvan verdink word dat hy vroue in Kuisebmond geteiken het deur by hulle wonings in te breek terwyl hulle geslaap het, hulle met ’n vuurwapen gedreig en hulle toe verkrag het, is Vrydag in hegtenis geneem.
Die beskuldigde, mnr. Michael Michael, is tydens ’n uitkenningsparade deur een van sy slagoffers geïdentifiseer.
Volgens die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, is hy in hegtenis geneem nadat hulle inligting van lede van die gemeenskap ontvang het.
“Sondag is ’n uitkenningsparade gehou en een van die slagoffers van Kuisebmond het die verdagte positief geïdentifiseer. Die ander slagoffers kon nie die verdagte uitken nie, want hy het ’n balaklawa gedra toe hy hulle verkrag het. Toe die polisie sy kamer ná die inhegtenisname deursoek het, het hulle twee pistole ontdek waarmee hy vermoedelik sy slagoffers gedreig het. Die pistole is tydens twee afsonderlike voorvalle gesteel.”
Die polisie het ook tien slimfone, een platskerm-TV, 'n luidspreker, een DVD-speler en vyf polshorlosies gevind.
Michael het op sewe aanklagte verskyn, onder meer vir huisbraak met die doel om te verkrag, huisbraak met die doel om te roof en diefstal, die rig van 'n vuurwapen en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.
Die verdagte het glo drie vroue verkrag; al drie het alleen gewoon. Tydens een van die voorvalle het hy na bewering een van die vroue gevra wat haar MIV-status is en tydens ’n ander voorval die tyd gehad om ’n kondoom aan te sit voor hy die vrou verkrag het. Hy het glo ’n vierde vrou ook verkrag, wat verkies het om nie ’n saak aanhangig te maak nie.
Toe hy op die eerste aanklag van huisbraak met die doel om te verkrag voor landdros John Sindano verskyn het, is aan hom verduidelik sy saak is tot 11 Maart 2021 uitgestel vir verdere ondersoek. Tydens hierdie verskyning, het die beskuldigde bevraagteken waarom hy vir ses bykomende klagte aangekla word, aangesien hy deur slegs een vrou geïdentifiseer is.
Sindano het gesê die verskeie sake word steeds ondersoek en hy sal sy beurt kry om sy kant van die saak te stel.
“Dit is 'n ernstige misdaad waarvan jy beskuldig word; al is dit net een klag.”
Me. Annakleta Kandjimi het namens die staat opgetree en die beskuldigde het homself verteenwoordig.
Toe hy vir die res van die aanklagte verskyn het, is sy aansoek om borgtog teengestaan.
Staatsaanklaer Fidel Wakundumo het borgtog teengestaan op grond daarvan dat dit nie in openbare belang sal wees nie.
“Daarbenewens word hy van baie ernstige misdade beskuldig.”
Die beskuldigde het verder gesê hy vrees dat hy in die aanhoudingselle aangerand sal word, omdat die polisie glo gesê het hulle “sal met hom afreken”.
Sindano het hom verseker hy is nou in die gereg se hande en as die beweerde aanranding plaasvind, kan hy altyd die hof nader.
Hoofinsp. Daniel Gurirab, die waarnemende misdaadkoördineerder in die Erongostreek, het gesê die oorweldigende steun van die gemeenskap in Tutaleni, Kuisebmond en van die media wat tot die inhegtenisneming gelei het, word opreg waardeer.
“Ons doen ’n beroep op almal om dié goeie werk voort te sit.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie