Geen borgtog vir 'sindikaatbaas'
Vyf mans het gister in die hof in verband met renosterstropery in 'n private wildreservaat verskyn.
Francoise Steynberg
Die vermeende baasbrein van 'n renosterstropingsindikaat is gister borgtog in die Outjo-landdroshof geweier.
Mnr. Petrus Shihepo Shimuningeni, 'n 35-jarige sakeman wat daarvan beskuldig word dat hy die sindikaat gefinansier het, het die afgelope drie dae voor landdros Peingondjabi Shipo om borgtog gepleit.
Volgens staatsaanklaer Johannes Kalipi word die sakeman, wat 'n restaurant, kroeg, mini-mark en oornagfasiliteite tussen Ondangwa en Ongwediva in die Oshanastreek besit, asook sy medebeskuldigdes verbind met die stroping van 'n witrenosterkoei en 'n swartrenosterbul in Desember op 'n private wildreservaat aan die suidelike grens van die Etosha Nasionale Park.
Die medebeskuldigdes is op verskillende datums en plekke in hegtenis geneem. Hulle is ook in aanhouding en gaan om regshulp aansoek doen.
BORGTOG TEENGESTAAN
Die staatsaanklaer het borgtog hewig teengestaan en gesê die moontlikheid bestaan dat Shimuningeni by die polisieondersoek sal inmeng, hy sal oortree, borgtog sal nie in die belang van geregtigheid en die publiek wees nie en dat die staat 'n baie sterk saak het.
Kalipi het gesê die staat het sterk bewyse wat aandui dat Shimuningeni glo die renoserstropingsindikaat gefinansier het, asook hoe kontant aan sy medebeskuldigdes deur die e-Wallet-bankstelsel betaal is.
Shimuningeni het glo ook 'n jaggeweer met 17 patrone verskaf wat tydens die polisieondersoek gevind en op beslag gelê is.
Die beskuldigde het deur sy private regsverteenwoordiger, me. Anna Amupolo, enige kennis van die stropingsvoorval ontken, berig Nampa.
Shimuningeni het aan die hof gesê hy wil op borgtog vrygelaat word om sy besigheide te bestuur, want daar is niemand wat opgelei is om dit namens hom te doen terwyl hy in die polisieaanhoudingselle op Outjo is nie. Hy het ook aangevoer hy is sy familie se broodwinner.
Shimuningeni het ook gister saam met vier van sy medebeskuldigdes, mnre. Naftali Hangula Nghiinomenwa, Pentrcosta Ruhozu, Silas Bimbulukena Keni Tileinge en George Morning Nanjeni, in verband met renosterstropery verskyn.
Die landdros het die saak tot 29 Mei vir die uitslag van laboratoriumtoetse en verdere ondersoek uitgestel.
AGTERGROND
Volgens komm. Barry de Klerk, die hoof van die eenheid van beskermde hulpbronne (PRU) in die Namibiese polisie (Nampol) en bevelvoerder van die Blue Rhino-taakspan, is twee verdagtes, mnre. Nghiinomenwa en Ruhozu, in Januarie deur die Blue Rhino-taakspan in hegtenis geneem.
“Tydens Februarie het die teenstropingspan van die wildreservaat saam met lede van die teenstropingspan van Nampol, die Namibiese weermag en die ministerie van die omgewing en toerisme van Etosha, twee verdagtes, mnre. Tileinge en Daniel Mukonda, se spore gevolg en hulle in hegtenis geneem,” het De Klerk gesê.
“Hulle is in besit van 'n onwettige jaggeweer en ammunisie, asook verskeie ander artikels verwant aan renosterstropery gevind.”
De Klerk sê ná deeglike ondersoek van die Blue Rhino-taakspan is dié twee verdagtes op die oortreding van die wet op vuurwapens en ammunisie aangekla, asook dat hulle saamgesweer het om te stroop.
“Daar was duidelike bewyse dat dié twee verdagtes ook by twee vorige renosterstropingsake betrokke was,” het De Klerk gesê.
“Dit het speurders na twee van die vermeende ringleiers van die renosterstropingsindikaat, mnre. Shimuningeni en Nanjeni, gelei wat glo die renosterstropery georkestreer het. Hulle is in Maart deur die Blue Rhino-span in hegtenis geneem,” het De Klerk bevestig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie