Geen borgtog vir soldaat
Die soldaat van die Namibiese Weermag (NDF) wat daarvan beskuldig is dat hy sy meisie Sondag vermoor het, het nie borgtog gekry nie.
Mnr. Johannes Neuaka (39) het sy eerste verskyning Dinsdag in die landdroshof in Katutura voor landdros Bernadine Kubersky gemaak. Die verhoor is tot 5 Maart uitgestel.
Kubersky het die verdagte ingelig dat die staat sy borgtog teenstaan weens die erns van die misdaad en omdat die ondersoek nog nie afgehandel is nie.
Die staat het ook gesê hulle vrees Neuaka sal met die ondersoek en staatsgetuies inmeng en dat die toestaan van borgtog nie in die belang van geregtigheid en die gemeenskap sal wees nie.
Die landdros het Neuaka daarvan ingelig dat hy ’n formele borgtogaansoek by die hof kan indien.
Neuaka is aangekla van moord, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, asook die nalatige afvuur van ’n vuurwapen in verband met die dood van me. Zya Juliet Shane Rittmann (25).
Rittmann is in die kop geskiet en het onmiddellik gesterf. Die paartjie het ’n driejarige kind.
Neuaka word deur die prokureur mnr. Vetu Uanivi verdedig, terwyl staatsaanklaer Victoria Thompson namens die staat optree. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie