Geen borgtog vir Steve Booys
Geen borgtog vir Steve Booys

Geen borgtog vir Steve Booys

Ronelle Rademeyer
Die voormalige Okahandja streeksraadslid en parlementariër, mnr. Steve "Biko" Booys (foto), kon nie daarin slaag om met borgtog vrygelaat te word nie in die saak waarin hy op klagte van verkragting en bloedskande teregstaan nie.
Landdros Khaepriums Swartz het Dinsdagoggend sy aansoek om borgtog van die hand gewys. Hy het bevind die moontlikheid bestaan dat Booys met die ondersoek sal inmeng en bewyse vernietig. Hy het bevind dit sal nie in die beste belang van geregtigheid wees om hom vry te laat nie.
Booys het getuig dat hy skuld sal ontken op die klagte teen hom. Hy het sy eerste verskyning op 3 Februarie in die hof gemaak en is daarna op Seeis aangehou aangesien sy regsverteenwoordiger gesê het daar heers kommer oor die situasie by die aanhoudingselle op Okahandja en dat hy nie veilig sal wees nie.
Verdoemende teksboodskappe wat hy na bewering aan die vermeende slagoffer gestuur het, maak deel uit van die staat se saak teen hom.
Booys se termyn as streeksraadslid vir Okahandja was omstrede en inwoners het protesaksies teen hom gevoer.

Foto: Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!