Geen borgtog vir vermeende daggakweker
'n Swakopmundse vrou is aangekla nadat 71 daggaplante, asook daggasade en -olie in haar besit gevind is.
SUBBED
Otis Finck - 'n 51-jarige vrou van Swakopmund het gister haar eerste verskyning voor landdros Conchita Olivier in die kusdorp se landdroshof gemaak op 'n klag van handeldryf in ‘n verslawende middel.
Me. Cheryl Antoinette Green is Saterdag by haar huis in die Kramersdorf-woonbuurt in hegtenis geneem vir die besit van 71 daggaplante met ‘n geskatte waarde van N$21 104.
Olivier het die saak tot 20 Maart uitgestel vir verdere ondersoek en sodat die beskuldigde formeel om borgtog by die hof kan aansoek doen.
Green het aangedui sy sal haar eie verdediging behartig. Sy het gesê dat sy die dagga slegs vir mediese gebruik gekweek het en niks daarvan het ooit haar erf verlaat nie.
Sy het ook gesê haar man ly aan ‘n lewensgevaarlike siekte en is vir verligting afhanklik van die dagga-olie wat sy vervaardig.
Staatsaanklaer Beata Mwahi het borgtog teengestaan.
Green se inhegtenisneming volg nadat haar seun (20) tydens ‘n stop-en-deursoekoperasie deur lede van die polisie se dwelmeenheid en die buurtwag gearresteer is.
Agt gram dagga met ‘n geraamde straatwaarde van N$80 is in haar seun se besit gevind.
Hy is ook aangekla vir die besit van dagga, maar het nog nie in die hof verskyn nie.
Die seun het die amptenare na die huis in Kramersdorf gelei waar hulle sy ma ondervra het.
Hulle het toe die huis deursoek en op sowat 3,5 kg daggaplante, asook 26 gram daggasade en -olie afgekom.
Dié olie word teen N$600 tot N$1 000 vir 10 ml deur handelaars verkoop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie