Geen borgtog vir vermeende ivoorsmokkelaars
Misdadigers plunder steeds bedreigde Namibiese wildspesies, maar staatsaanklaers staan hul borgtog heftig teen.
Francoise Steynberg
Die drie vermeende ivoorsmokkelaars wat verlede week by 'n vulstasie op Otjiwarongo glo met vier olifanttande in hegtenis geneem is, bly in aanhouding.
Die drie beskuldigdes, mnr. Nestor Ngula (48) van Otjiwarongo, en die Walvisbaaiers mnre. Dominikus Enkono (29) en Galius Iipingi (33), het verlede Donderdag in die landdroshof op Otjiwarongo op klagte van die onwettige besit van en handel in beheerde wildprodukte verskyn en is borgtog geweier.
Staatsaanklaer Colleen Yisa het weens die erns van die misdaad en omdat die polisieondersoek nog in 'n vroeë stadium is, wat die risiko verhoog dat hulle by die ondersoek kan inmeng, heftig beswaar teen die toestaan van borgtog gemaak.
Sy meen dit sal ook nie in die belang van geregtigheid wees nie.
Die saak spruit voort uit die inhegtenisneming van die drie verdagtes verlede Dinsdag by 'n vulstasie nadat hulle na bewering betrap is met 'n sak met vier olifanttande, wat in 13 stukkies opgesny is. Volgens die Namibiese polisie (Nampol) is hulle vasgetrek toe hulle die ivoor glo aan 'n koper op die dorp wou verkoop.
Assistent-landdros Renathe //Kharases het die saak tot 26 Junie vir verdere ondersoek uitgestel.
IETERMAGôS
Intussen is 'n 30-jarige man verlede Woensdagaand glo met twee lewende ietermagôs, een ietermagôvel en twee olifanttande in sy besit by Ndiyona in die Kavango-Oosstreek vasgetrek, berig Nampa.
Volgens Nampol se waarnemende koördineerder van misdaadondersoeke in dié streek, hoofinsp. Melanie Mbuuru, is die verdagte omstreeks 21:20 vasgetrek ná 'n gesamentlike operasie van lede van Nampol, die ministerie van die omgewing en toerisme, en die publiek.
Die verdagte is tans in aanhouding in die Ndiyona-polisiekantoor en sou Vrydag in die Rundu-landdroshof op klagte van die onwettige besit van en handel in beheerde wildprodukte verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie