Geen BTW op invoer van suurstof gehef – NamRA
Alle mediese suurstoftenks wat voortaan aan die Namibiese regering geskenk word, is met ingang 21 Junie vrygestel van belasting op toegevoegde waarde.
Henriette Lamprecht – Met net 150 liter oor in elk van die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek se twee suurstoftenks, het 'n tenkwa van Afrox met die noodsaaklike en broodnodige kommoditeit Saterdagaand net betyds opgedaag om dit te hervul.
Dié hospitaal gebruik sowat 1,8 ton suurstof per dag.
Volgens die hospitaal se bestuurder, me. Hannelie Botha, het die tenkwa uit Botswana skuins voor 12 die aand en net betyds by die hospitaal opgedaag.
“Ek het die bestuurder omhels, want as hy nie betyds opgedaag het nie, het ons met sterftes gesit,” het Botha gesê.
Intussen het die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA) bekend gemaak alle mediese suurstoftenks wat voortaan aan die Namibiese regering geskenk word, is met ingang 21 Junie vrygestel van belasting op toegevoegde waarde (BTW) met die invoer daarvan.
Volgens NamRA sal dit instellings, insluitend die private sektor, aanmoedig om suurstoftenks aan die land te skenk in 'n poging om die lewens van dié te red wat dit desperaat nodig het.
Goedere wat aan die staat geskenk word, word gespesifiseer as vrygestel onder artikel 13 onder skedule vyf van die wet op belasting op toegevoegde waarde. NamRa sê in 'n verklaring hulle het onlangs 'n versoek deur 'n plaaslike maatskappy goedgekeur wat graag suurstoftenks aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste wil skenk.
STELSEL BY HOSPITAAL GEïNSTALLEER
“NamRA glo daarin om 'n positiewe impak op die lewens van Namibiërs te maak. Ons doen 'n beroep op meer instellings om aan boord te kom om die regering te help om lewens te red tydens die pandemie wat ons nasie verwoes,” lui die verklaring.
NamRA se hoofregsbeampte, me. Nadine du Preez, kan vir meer inligting by 061 206 2506 of per e-pos by [email protected] gekontak word.
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het vroeër 'n 20 ton grootmaat- vloeibare suurstoftenk vir die verskaffing van mediese suurstof in die Katutura-hospitaal se respiratoriese eenheid geïnstalleer in 'n poging om die reuse-aanvraag na suurstof in staatshospitale te takel.
Volgens minister Kalumbi Shangula kon sy gesondheidsministerie danksy die finansiële hulp van die Maatskaplike Voorsorgfonds (SSC) 'n nuwe suurstofopwekkerstelsel ook by Windhoek Sentrale Hospitaal se Covid-19-intensiewesorgeenheid installeer.
Dié stelsel, met die kapasiteit om 370 liter suurstof per minuut te lewer, is bykomend tot die bestaande stelsel in die hospitaal.
'n Grootmaat-suurstoftenk (1,5 ton) sal ook by die Oshakati-staatshospitaal se Covid-19-isolasie- en behandelingseenheid met 'n kapasiteit van 80 beddens geïnstalleer word.
Die instelling van dié stelsels sal die gebruik van suurstofsilinders verminder, wat kapitaal-intensief is.
Via die Namibiese Kamer van Koophandel (NCCI) wat reeds sy eerste aflewering van 21 ton grootmaat-suurstof vir gebruik in openbare gesondheidsgeriewe gelewer het, is die belofte ook om 'n suurstoftenk van 21 ton elke week vir die volgende drie maande tot September vanjaar te skenk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie