Geen Covid-toetse tans vir reisigers by Pathcare
Geen Covid-toetse tans vir reisigers by Pathcare

Geen Covid-toetse tans vir reisigers by Pathcare

Francoise Steynberg
Reisigers kan tans nie Covid-19-toetse by Pathcare doen nie.


Volgens Pathcare ondervind hul twee Covid-analiseerders tegniese probleme.

"Tegnici het deurnag gewerk en kon een herstel. Ons werk nog aan die ander analiseerder," lui 'n verklaring van Pathcare.

"Ons het die Namibië Lughawensmaatskappy (NCA) en al die lugrederye, Airlink, Ethiopian Airways en Eurowings by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako gekontak," sê Pathcare.

"Ethiopian Airlines en Airlink vereis van passasiers om met 'n PCR-toets aan boord te gaan. Vir Eurowings hang dit af van die bestemming. Duitse burgers wat na Duitsland terugvlieg, kan 'n toets daar doen."

Kontak die lugrederye vir verdere besonderhede.

"Volgens inligting ontvang, sal Namib Laboratories (tel. 290 1379) vandag tot 13:00 by Wanderers in Windhoek weefselmonsters kan doen."

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer