Geen drank, geen miljoene
Geen drank, geen miljoene

Geen drank, geen miljoene

Die Selfregulerende Alkoholbedryfsforum sê die belangrikheid van die drankbedryf tot die Namibiese ekonomie kan nie onderskat word nie.
Die verbod op alkohol tydens die inperkingstydperk het ‘n verlies van N$970 miljoen in die staat se koffers beteken. Met die verkoop van drank wat tydens fase 3 van die noodtoestand weer buiten vir die Erongostreek wettig is, kon sowat 70 000 mense wat direk of indirek in die drankbedryf werksaam is, weer na hul werk terugkeer.

Volgens die voorsitter van die Selfregulerende Alkoholbedryfsforum (SAIF), me. Celeste Carstens, beteken dit diegene wat weer kan werk, kan hul families onderhou en verteenwoordig ‘n geskatte 350 000 mense.

Carstens beklemtoon in ‘n verklaring die impak en belangrikheid van die drankbedryf tot die Namibiese ekonomie kan nie onderskat word nie.

“Ons is verheug om voort te gaan om tot die plaaslike ekonomie deur belasting en ander fooie by te dra,” sê Carstens.

Sy het namens die forum ‘n beroep op verbruikers, kliënte en Namibiërs gedoen om die heropening van die bedryf met ‘n verantwoordelikheidsin te benader.

“Ons gedrag en optrede spreek boekdele om die uitwerking van die pandemie aan te spreek en te oorkom. Ons moet daarom hande vat en saamstaan om die nodige stappe te neem om dit onder beheer te hou,” het sy gesê.

Carstens het ook verbruikers aangemoedig om versigtig te wees en met insig op te tree wanneer enige alkoholiese drank gekoop of verbruik word.

Sy het na verskeie platforms verwys wat vir aankope geïmplementeer is en wat tuisaflewering insluit om pogings te ondersteun om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

“As jy jou gunstelingdrank self moet gaan koop, voldoen aan die vereiste veiligheidsmaatreëls soos sosiale afstand en om jou masker in die winkel te dra.”

Drank mag tydens die huidige fase van die noodtoestand met die uitsondering van die Erongostreek slegs op ‘n wegneembasis gekoop word. Die beperkte handelsure vir drank is Maandag tot Vrydag 12:00 tot 18:00 en Saterdae van 09:00 tot 13:00. Geen drankverkope word op openbare vakansiedae en Sondae toegelaat nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!