Geen drank op kampus
Maria Eiseb
Tydens die opening van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Kuns (Nust) se nuwe akademiese jaar het die adjunkminister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Becky Ndjoze-Ojo, alkohol op die universiteitsgronde verbied.
“Geen drank op kampus nie,” het sy gesê.
Sy het voorts aan die studente gesê hulle verloor niks as hulle nie drink nie, dit is “net 'n vermorsing van tyd en geld wat later sal maak dat julle klasse mis”.
“As jy drink, is jy babelas en dan dros jy. Dan doen jy ook nie jou werk nie,” het Ndjoze-Ojo gesê.
Alkohol kan veroorsaak dat studente nie hul studies voltooi nie, het sy gesê.
Die minister het die universiteit gevra om te verseker studente het toegang tot groepklasse.
“Daar moet dienste wees wat hulle in hul studies ondersteun sodat hulle nie staak nie,” het sy gesê.
Sy het voorts gesê die regering is verplig om tersiêre opleiding in Namibië te ondersteun.
Ndjoze-Ojo het gesê in 1990 was daar nog nie 'n universiteit in Namibië nie, maar ná 28 jaar het die regering tersiêre onderrig moontlik gemaak.
Volgens die minister moet die regering 80% van die verantwoordelikheid vir universiteite neem, en moet universiteite 20% van die verantwoordelikheid self aanvaar.
Prof. Tjama Tjivikua, Nust se visekanselier, het die instelling se nuwe studente verwelkom en gesê Nust rus mense vir die toekoms toe.
Me. Kevi Xarages, 'n oudstudent en administrasiedirekteur, het van die geleentheid gebruik gemaak om studente aan te moedig om hard te werk.
Me. Marvellous Shilongo, president van die studenteraad, het studente aangemoedig om aan universiteitsaktiwiteite deel te neem.
spaar vir studies
Sy het hulle aangeraai om hul 07:30-klasse altyd by te woon omdat dosente studiemateriaal vir toetse tydens hierdie klasse bespreek.
“Al het jy nie soggens klas nie, woon dit liewers by,” het Shilongo gesê.
“Ek wil die universiteit vra om studente betyds in te lig oor die verhoging van fooie,” het sy gesê.
Shilongo het ook gevra dat studente wat wil studeer, maar dit nie kan bekostig nie, in ag geneem word.
Studente moet ook vir hul studies spaar, het sy gesê.
“Selfs al betaal hulle hul skuld in paaiemente af. . . Onderwys is 'n reg en ons moet saamwerk om te verseker almal is gelukkig. En dit is hoekom die studenteraad hier is,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie