Geen dringende gevaar van droë krane vir Windhoek
Die woordvoerder van die Windhoekse munisipaliteit, mnr. Harald Akwenye, sê daar is geen dreigende gevaar dat 'n gebarste pyp op die pypleiding tussen Von Bachdam en die hoofstad, Windhoekers sonder water sal laat nie. Volgens Akwenye is 'n ondersoekspan van die munisipaliteit na die toneel gestuur. Mense wat die ergste deur die situasie geraak word, is boere en mense wat direk water van Namwater op die roete ontvang. Hy het beklemtoon die munisipaliteit is gereed om die boorgatstelsel vir watervoorsiening in die hoofstad te aktiveer.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie