Geen invloei in damme sover vanjaar
Geen invloei in damme sover vanjaar

Geen invloei in damme sover vanjaar

Reënseisoen
Ellanie Smit
Ellanie Smit – Hoewel die land sy eerste ­reënbuie vir die jaar ontvang het, was daar sover nog geen invloei vir enige van die opgaardamme nie.

Vyf van die damme is steeds meer as 70% vol, terwyl die Neckartal – Namibië se grootste dam – op 92,5% van sy kapasiteit staan. Dit beteken die dam hou tans 792 894 Mm³ (miljoen kubieke meter) water.

Die totale gemiddelde vlak van Namibië se damme het aan die begin van die week op 73,2% gestaan.

Twaalf maande gelede was die damvlakke se nasionale gemiddeld op 54,8%.

In die sentrale gebied se vyf opgaardamme is die gemiddelde damvlak op 58,6%, vergeleke met 'n jaar gelede se 61,7%.

Die Swakoppoortdam is nou op 75,3% van sy kapasiteit, die Von Bachdam is 46,2% vol en die vlak van die Omatakodam is op 42,1%. Die Friedenaudam is 76,2% vol en die Goreangabdam op 94,1%.

In die Suide staan die gemiddelde vlak op 79,7% vergeleke met verlede seisoen dié tyd se 56,9%.

Die Hardapdam is tans 46,4% vol, die Neckartaldam se vlak staan op 92,5% en die Nautedam is op 80,4%. Dié drie is die grootste damme in die land.

Verlede seisoen was die Hardap 68% vol, die Neckartal 47,9% en die Naute was op 104,1% van sy kapasiteit.

In die Suide staan die vlak van die Oanobdam op 75,3%, die Dreihukdam op 17,4% en die Bondelsdam is leeg.

In die ooste van die land is die gemiddelde damvlakke 42,2% – net effens minder as verlede seisoen toe dit op 45,4% was.

Die Otjivero-hoofdam is 41,4% vol, die Tilda Viljoendam 45,2% en die Daan Viljoendam by Gobabis 50,6%.

Elders in die land is die Omaruru Deltadam – geleë in die Erongostreek – leeg en die Omatjenne-damme is leeg, dieselfde as verlede seisoen.

Die Olushandjadam in die ­Oshanastreek is 14,1% vol, vergeleke met verlede seisoen se 16,6%.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!