Geen koeie op Kavango-melkplaas ná 10 jaar
Die Uvhungu Vhungu-melkplaas in die Kavango-Oosstreek is steeds ’n wit olifant, ondanks meer as N$140 miljoen se belastinggeld wat daarin belê is.
Kenya Kambowe op Rundu – Die regering se Uvhungu Vhungu-melkplaas aan die buitewyke van Rundu is tien jaar ná die projek van stapel gestuur is steeds ’n wit olifant – met nie ‘n enkele druppel melk wat sedertdien geproduseer is nie.
Mnr. McHenry Venaani, die leier van die Popular Democratic Movement (PDM), was Woensdag ontstig oor die stand van sake by die groenskema, wat hy as ‘n “gemors” beskryf het.
Die partyleier wat tans in die Kavango-Oosstreek besig is om die verskillende groenskemas te besoek, het nie doekies omgedraai nie en gesê belastingbetalers se geld is gemors. “Dit is ‘n gemors van ’n Namibiese suiwelplaas. Die ministerie het meer as N$140 miljoen aan hierdie projek bestee en tien jaar later is daar nie ’n enkele koei nie en niks gebeur nie,” het Venaani gesê.
Hy het ’n openbare-private-vennootskap voorgestel as moontlike oplossing vir die haakplekke in die projek, wat 30 tot 40 werksgeleenthede kan skep.
Die leier van die amptelike opposisieparty het ook gesê hy sal ‘n vergadering met president Hage Geingob aanvra om sy bevindinge van die besoeke te bespreek.
Die opgradering van die Uvhungu Vhungu-melkplaas is tydens oudpresident Hifikepunye Pohamba se ampstermyn van stapel gestuur en was daarop gemik om werksgeleenthede en ekonomiese voordele vir plaaslike inwoners te skep. Die regering se N$141 miljoen-belegging in die projek het nog geen vrugte afgewerp nie, met sommige inwoners wat dit ‘n “vergesogte droom” noem.
'SOOS GWEOONLIK'
Die PDM-leier het gesê hy besoek groenskemas om die belang van die landbousektor se produktiwiteit vir die land te evalueer.
Nasionale leiers wat die streek besoek, maak gewoonlik ‘n draai by die plaas in aandrang dat die projek voltooi moet word, maar sake gaan maar voort soos gewoonlik sodra hulle die streek verlaat.
In 2014 het Pohamba die plaas besoek, terwyl die huidige visepresident Nangolo Mbumba in 2019 besoek afgelê het. Die projek gaan egter steeds agteruit wat infrastruktuur betref.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie