Geen laatregistrasie vir nasionale eksamens
Geen laatregistrasie vir nasionale eksamens

Geen laatregistrasie vir nasionale eksamens

Henriette Lamprecht - Geen laatregistrasie sal ná spertye gedoen word vir deeltydse studente vir die Junior Sekondêre Sertifikaat (graad 10) of voltydse sowel as deeltydse studente wat vir die Senior Sekondêre Sertifikaat (NSSC) gewone en hoër vlak vir nasionale eksamens inskryf nie.

Die ministerie van basiese onderwys, kuns en kultuur het gemaan die registrasie vir nasionale eksamens is apart van inskrywings in ‘n skool of deeltydse onderrigsentrum wat by die ministerie geregistreer is.

Voltydse kandidate kan nog tot 29 Maart inskryf, terwyl die sluitingsdatum vir deeltydse kandidate op 5 April sluit.

Kandidate word gemaan om die registrasievorm duidelik en in potlood in te vul. Besonderhede wat ingevul moet word, sluit in die kandidaat se naam, van, geboortedatum, voorletters, sowel as die eerste letter van sy of haar middelname waar van toepassing, en soos dit op die geboortesertifikaat verskyn.

Voorts moet die inskrywingsvorm die korrekte vakkeuses op die regte vlakke hetsy hoër of gewone vlak, sowel as kern- en of uitgebreide vakkeuses wat wiskunde, Engels tweede taal en Afrikaans tweede taal insluit.

Leerlinge sal ná registrasie die kans hê om seker te maak die inligting is korrek.

Volgens ‘n verklaring sê die ministerie die meeste kandidate maak nie seker dat inligting wat tydens die registrasieproses opgeneem is, wel korrek is nie.

Die ministerie doen gevolglik ‘n beroep op alle kandidate om seker te maak hul besonderhede is korrek om te verseker die korrekte inligting verskyn op sertifikate. Tydens die registrasieproses kry kandidate ook die geleentheid om seker te maak of hul vakke korrek is omdat daar geen verandering aan vakkeuses na afloop van die verifiëringsproses sal wees nie.

Die verifiëringsproses duur van 29 Mei tot 7 Junie. Tydens dié tydperk maak die kandidaat met die hulp van ‘n onderwyser seker of inligting verskaf tydens die registrasieproses korrek is. Die inligting sluit onder meer of vakke op die regte vlak geneem word (hoër/gewone vlak en kern of uitgebreid – graad 12) en of ‘n taal as eerste of tweede taal geneem word. Die kandidaat moet by elke vakkeuse teken.

Die ministerie doen in ‘n verklaring ‘n beroep op alle ouers, voogde en leerlinge om te verseker dat hulle net vir die nasionale eksamen registreer by onderrigsentrums wat by die ministerie geregistreer is. ‘n Registrasiesertifikaat word deur die ministerie aan enige geregistreerde skool of onderrigsentrum uitgereik wat by die ministerie geregistreer is.

“Ons doen daarop ‘n beroep op alle kandidate, ouers en alle ander rolspelers om aan te dring op ‘n registrasiesertifikaat voordat hulle hul kinders by so ‘n skool of onderrigsentrum registreer,” lui die verklaring.

Die ministerie beklemtoon dit is ‘n vereiste vir ‘n geregistreerde private skool om die sertifikaat ten toon te stel waar dit sigbaar vir die publiek en ouers is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!